Polisiebeampte vas vir gewapende roof

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiebeampte is in Uitenhage in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy verbind kon word met ʼn gewapende rooftog.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 32-jarige polisiekonstabel wat nie aan diens was nie en wat met ʼn gemerkte polisievoertuig gery het, het in Caledon Straat in Uitenhage aangedring om ʼn buitelander se werkspermit te sien. “Toe die man aandui dat hy dit nie by hom het nie, het die polisiebeampte daarop aangedring dat hy dit by sy huis gaan haal en agter hom aangery,” het Nkohli gesê.

“Toe hulle by die man se woning aankom het die beampte en ʼn ander man by hom ʼn wapen op die buitelander gerig. Hulle het hom deursoek en op die vlug geslaan met kontant en die man se motorsleutels,” verduidelik Nkohli.

Die slagoffer het onmiddellik die voorval gaan aanmeld by die Uitenhage-polisiestasie en minute later is die voertuig waargeneem en afgetrek in Palm-rylaan. “Die polisiebeampte wat bestuur het, was onder die invloed van alkohol. Hy en die passasier in die motor is onmiddellik in hegtenis geneem,” het Nkohli gesê. Die gesteelde motorsleutels is in die besit van die verdagte gevind. Daar is ook beslag gelê op die konstabel se polisiewapen.

Die konstabel en sy 25-jarige medepligtige sal in die Uitenhage-landdroshof op aanklagte van roof verskyn. Addisionele klagtes van dronkbestuur en die oortreding van die Wet op Vuurwapens sal teen hom aanhangig gemaak word.

Nkohli het ook gesê dat ʼn interne ondersoek in terme van die polisie se eie dissiplinêre stelsel van stapel gestuur sal word.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, polisiekommissaris in die Oos-Kaap, het gesê dit is onstellend en ontmoedigend om uit te vind dat ʼn polisiebeampte by só iets betrokke was. Sy het die publiek verseker dat daar spoedig afgereken sal word met sulke lede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

ken van benoni ·

Indien hy skuldig is moet hy lank sit. Polisie misdadigers, verneem ek, is nogal hoog in aanvraag in die tronk!!!
Jakkals jy is reg daar is baie vrot appels in hierdie klomp!!!

Hanna ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid… Jammer, ek vertrou die SAPS glad nie.

Johan. H. ·

N Prokerower, polisieman, en speedkop, ,,Ek vermy daaie lot,,,

Johan. H. ·

Ag askies man , vergeet om te meld, Ek vermy n Polis smouser en enige politikus ook ,, Almal op een of ander manie skelm!!!

AL ·

N Skande vir n beroep wat veronderstel is om edel te wees! Maar nou velkleur praat harder met indiensneming as integriteit!

Dirkie ·

Elke beroep het vrot appels. Daar is dokters, prokureurs en self’s dominees in die tronk. So asb mense daar is uitstekende Saps lede daar buite.

Dirkie ·

Elke beroep het vrot appels, dokters, prokureurs etc nie net polisiebeamptes nie. Die tronk se deure staan vir almal oop.

Eben Kitching ·

Hoekom word die polisieman nie aangekla van poging tot moord nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.