Polisiebeampte vas wat ‘borgtoggeld’ eis

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Polisiesersant het Donderdag in die Kaapstad-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van korrupsie nadat hy “borgtoggeld” by twee onskuldige mans geëis het.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die 32-jarige polisiebeampte het glo ’n saak ondersoek waarby twee verdagtes betrokke was. Daar was egter geen bewyse wat die twee mans aan die misdaad verbind het nie en hulle moes vrygelaat word sonder enige aanklagte teen hulle.

Die polisiebeampte het egter R4 000 by die verdagtes geëis wat volgens hom “geld vir borgtog” is.

Die SAPD se teenkorrupsie-eenheid het die sersant omstreeks 07:30 in hegtenis geneem en hy het dieselfde dag nog in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ai tog ·

Easy money sekerom weer die duurste whiskey te gaan koop ” Mr Money”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.