Polisiebeampte vas wat meisie skiet

(Foto: SA Polisie)

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) het Woensdag ʼn 29-jarige polisiebeampte van Mount Fletcher-polisiestasie in die Oos-Kaap in hegtenis geneem ná hy sy meisie op 5 Mei geskiet het.

Ndileka Cola, woordvoerder van Opod, sê die beampte het sy meisie na die hospitaal geneem ná hy haar geskiet het. “Hy het gejok en gesê sy is geskiet deur mense wat hulle wou beroof.”

Die beampte het daarna ʼn saak van poging tot moord aanhangig gemaak.

“Toe die polisie egter die meisie in die hospitaal besoek het, het sy gesê haar kêrel het haar tydens ʼn woordewisseling geskiet.”

Die saak is Maandag onder Opod se aandag gebring.

“Die verdagte is vanoggend aangekla van poging tot moord, dwarsboming van die gereg en meineed. Hy sal na verwagting Donderdag in die Mount Fletcher-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

Geen simpatie nie. Jy lieg dan net soos ou hoed kry maar vir jou! Hoop hy word onbevoeg verklaar om wapen te besit ook nie net poging tot moord nie regtig

SjN ·

Hy volg net sy leiers se voorbeeld, daar sou niks van gekom indien sy sou gesterf het nie.

modiglianigirl ·

Gelukkig het die dame nie met haar lewe betaal vir die gru daad nie. Polisiemanne móét ‘n sielkundiges evaluering ondergaan voor hulle van vuurwapens voorsien word. Daar is báie stukkende mense wat met vroom gesiggies rondloop.

Anoniem ·

Nuwe p[olisielede word aangestel wat nie die naam Polisie werd is nie!!!!

Jakes ·

Ag verskoon hom maar, hy volg maar net die voorbeeld van sommige van sy makkers wat in uniform maak nes hulle wil want hulle het goeie leermeesters.

E ·

Ek kon nie help om die ironie te sien nie. Jy skryf jou eie docket uit en skryf self die aanklag van poging tot moord.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.