Polisiebeampte verkrag glo aan diens

Argieffoto

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) stel ondersoek in nadat ’n polisiebeampte daarvan beskuldig word dat hy die afgelope naweek ’n vrou in ’n polisievoertuig verkrag het terwyl hy aan diens was.

Die beweerde verkragting het Saterdag in die omgewing van Umbumbulu in KwaZulu-Natal plaasgevind.

Ndileka Cola, woordvoerder van Opod, het gesê polisiebeamptes het die betrokke dag op ʼn klagte gereageer waarby ʼn vrou betrokke was. Die polisiebeamptes het die vrou in hul polisievoertuig gelaai waarna hulle glo met haar rondgery het.

Die polisiebeamptes het na bewering gedurende die rit omkoopgeld ingesamel. Hulle het egter in ʼn stadium die vrou alleen in die polisievoertuig agtergelaat en met hul terugkeer na die voertuig opgemerk het dat die omkoopgeld vermis word.

Volgens Cola het die polisiebeamptes die vrou deursoek en die vermiste omkoopgeld is in haar besit gevind.

Die betrokke polisiebeampte wat die polisievoertuig bestuur het, het sy kollegas later afgelaai waarna hy na bewering die vrou in die voertuig verkrag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Niklaas ·

Die aantal eerlike wetsgehoorsame SAP lede is duidelik besig om vreeslik te krimp. Sonie word daar groot kriminele deesdae daar aangestel

Wielspore ·

Ry rond en versamel omkoopgeld, dit alles ten spyte van sy eie salaris en ten koste van my en jou se belasting geld.
Indien ek so iets sou doen by my werkgewer sou ek die volgende aanklagte in die gesig staar en dit regverdig onmiddelike ontslag.
1. Abuse of company property – Vehicle
2. Criminal activities – Bribes / Rape
3. Miss use of company time – Criminal activities while on duty
Ontslaan die lede en plaas hulle op ‘n swart lys sodat hulle nie weer vir die staat kan werk.

Anel ·

Nou verstaan ek nie lekker nie. Was sy ‘n verdagte of klaagster? As sy verdagte was, wat soek sy voor in die voertuig. As dit’ n bakkie was, moes agter gewees het. As dit gewone sedan was, moes sy geboei gewees het en iemand by haar. As sy klaagster was mag sy na regte ook nie in die voertuig wees sonder baie goeie rede nie. So hier moet baie mooi verduidelik word. Skors sonder betaling die hele lot tot saak afgehandel is. Skuldiges moet dan afgedank word.

Casper ·

Watse omkoopgeld.Dit is opsigself ‘n ernstige klagte.Hoe kan jy veiling voel en die SAPS vertrou as hulle misdade pleeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.