Polisiebeampte vermoor deur ‘geestesversteurde’ gevangene

Argieffoto

ʼn Senior polisiebeampte is dood nadat ʼn vermoedelik geestesversteurde vroulike gevangene haar aangeval het.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Saterdagmiddag in KwaMhlanga plaasgevind.

“Dit het tydens ʼn roetine-selbesoek gebeur. Die luitenant-kolonel was op pad om vir die gevangene medikasie en klere te neem,” het Hlathi gesê.

Volgens Hlathi het die beampte die gevangene probeer wakker maak, maar het sy nie reageer nie. “Sy het toe ewe skielik op die beampte gespring, haar aan die hare gegryp en haar kop verskeie kere teen die muur geslaan. Sy het haar ook in die nek gebyt,” het Hlathi gesê.

Volgens Hlathi het ander kollegas haar onmiddellik te hulp gesnel en kon sy daarin slaag om self tot by die kombuis te loop.

“Sy het kort ná dit inmekaar gesak. Kollegas het ʼn ambulans gebel, maar sy is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Hlathi is die verdagte al ʼn paar kere vantevore ook vasgetrek vir onder meer aanranding en opsetlike saakbeskadiging. “Sy het ook ʼn ander beampte aangeval toe hulle haar en haar broer vir ʼn klag van aanranding in hegtenis wou neem. Sy staar nou ook ʼn klag van moord op ʼn polisiebeampte in die gesig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

snoefie ·

klere en medikasie geneem? hoekom het sy klere en medikasie nodig gehad? is dit nou n geval van een teistering te veel? kan iemand my asb inlig oor n gevangene se regte ingevolge aanranding? mag n gevangene hom /haarself teen die polisie verdedig? tydens arrestasie word dit “resisting arrest” genoem maar as so n persoon in aanhouding aangerand word?

Joe Stormer ·

Waarvan praat jy. Miskien moet jy die berig weer lees. Wonder of jy al te doen gehad het met geesteversteurde persoon.

AJ ·

Nee Snoepie, vermoed ek verstaan jou kommentaar net soveel as wat jy die berig verstaan

3s4e ·

Verstaan nie hoekom Lt Kol gevangenis moet versorg sonder enige eskort?

w ·

Hukom in polisiesel. Hoort mos gestig Tot verhoordat of hu. Hukom het ander beampte ni polisievrou vergesel ni. ?

Ria Maritz ·

Dalk meer geestelikversteurdes BUITE as binne die tronk …

HPV ·

Ja Ria, sien hulle daagliks klippe gooi, vure maak en plunder.

Anoniem ·

Simpatie aan familie..gevangene se saak sou eerste week in Sept voorkom…..skokkend

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.