Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê lt.kol. Knox Chauke (56) is verskeie kere in die bolyf geskiet en is op die toneel dood. “Hy het inmekaargesak en is langs sy motor dood.”
Die voorval het Vrydag in Kagiso buite Krugersdorp plaasgevind. Dlamini sê Chauke, wat betrokke was by die polisie se nasionale opleidingsafdeling, was op pad werk toe en was besig om die hek toe te maak toe hy deur ‘n onbekende aantal verdagtes aangeval is.
Dlamini sê daar was geen ooggetuies nie maar dat bure glo talle skote gehoor het. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie en die polisie ondersoek die saak.
Maroela Media het verlede week berig dat ‘n Wes-Randse polisiebeampte vir twee weke vermis was voor sy liggaam in ‘n veld in Randfontein gevind is. Lees meer hier.
Maak soos in Amerika – As jy ‘n Polisieman skiet, gaan jy lewens lank tronk toe.