Polisiebeampte, vrou se liggame in straat gevind

Argieffoto (Foto: Kent Williamson)

ʼn Polisiebeampte en sy vrou se liggame is in ʼn straat in Cosmo City, noord van Johannesburg, aangetref.

Die polisiebeampte het ʼn skietwond aan sy regterslaap gehad en sy vrou is in haar agterkop geskiet.

Volgens Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), is ʼn 9 mm-pistool langs die vrou se liggaam gevind.

“Opod het twee leë patroondoppies, een koeël en 13 patrone in die magasyn gekry.” Die polisiebeampte was ʼn sersant in die Honeydew-taakspan.

Daar word beweer die beampte het omstreeks 22:30 Vrydag ʼn staatsvoertuig na ʼn kollega geneem wat op bystanddiens was. Die kollega het die beampte toe weer teruggeneem na sy huis.

“Op pad huis toe het hulle op die sersant se vrou in ʼn straat in Cosmo City afgekom. Die sersant het sy kollega gevra om stil te hou sodat hy uit die voertuig kan klim.”

Volgens Langa het ʼn stryery glo tussen die beampte en sy vrou ontaard. Die kollega het intussen gery.

ʼn Omstander het omstreeks 23:00 op die liggame afgekom en die polisie ontbied. Die liggame is na ʼn lykshuis in Roodepoort geneem.

Opod ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Ek persoonlik dink die beampte het sy vrou geskiet en daarna homself geskiet!

Wapens in die verkeerde hande, kan baie gevaarlik wees! En kyk nou net: nóg ‘n uniform wat veronderstel is om ons te beskerm! Hoed jou mense man!

Casper ·

Dit is so bitter jammer dat so iets moes gebeur.Ek wil net hoor hoeveel van ons blanke polisielede doen so iets en hoekom is dit so.As jou vrou of jy ontrou is dan is geweld die enigste oplossing in ons piesangland.Wanneer gaan hoedman kommentaar lewer.Wat van psigometriese toetse voor jy aanvaar word as ‘n student en kriminele rekord vooraf bekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.