Polisiebeampte wat glo inmeng in hegtenis

Foto: African News Agency

Foto: African News Agency

Die Valke het Donderdagoggend ʼn senior polisiebeampte van Limpopo in hegtenis geneem nadat hy glo in ʼn verkragtingsondersoek ingemeng het.

Sy inhegtenisneming volg nadat hy glo ʼn staatsgetuie, wat ook die beweerde slagoffer is, in ʼn verkragtingsverhoor in die Seshego-landdroshof geïntimideer het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die beampte het onder kruisverhoor die staatsgetuie geïntimideer. “Dit het aan die lig gekom dat die polisiebeampte wat in hegtenis geneem is, die verkragtingsverdagte, wat ook ʼn polisiebeampte is, ondersteun.”

Die senior polisiebeampte is by sy huis in Ladine in Polokwane in hegtenis geneem.

Volgens Mulaudzi het die Valke se ondersoek aan die lig gebring dat die beskuldigde glo met die beampte wat tereg staan op aanklag van verkragting se prokureur vergader het oor die saak. “Die staatsgetuie het hierdeur bedreig gevoel en dit by die voorsittende beampte in die hof aangemeld. Dit het tot gevolg gehad dat hofverpligtinge tot verdere kennis opgeskort is.”

Die polisiebeampte wat tereg staan op aanklag van verkragting, staan ook tereg op ander aanklagte wat wissel van die besit van onwettige ammunisie tot bedrog.

Volgens Mulaudzi is die senior polisiebeampte in hegtenis geneem op aanklag van intimidasie en moet hy binnekort in die hof verskyn. “Ons (die Valke) sal onder geen omstandighede korrupsie en wanpraktyke in die polisie duld nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

KarenG ·

Ongelukkig dink party regsdienaars hulle is verhewe bo die wette van die land…toe nou nie!!

Ouman ·

Ek is nie eers geskok.SAPS is meestal maar net kriminele in uniform

GES ·

Dit is nogal baie jammer dat sommige polisiebeamptes hulle skuldig maak aan sulke gedrag. Ek moes in die verlede al noodgedwonge namens my werkgewer sake gaan aanmeld en soos die aangeklaagde behandel. So wat se vertroue skep dit in die polisie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.