Polisiebeampte wil appelleer teen vonnis oor omkoopgeld

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte wat tot tien maande tronkstraf gevonnis is nadat hy omkoopgeld van R100 aanvaar het, gaan aansoek doen om teen die vonnis te appelleer.

Sers. Cornelius Wessels was in beheer van die gevangenes by die Kaapstad Sentraal-polisiestasie se aanhoudingselle toe hy in November 2012 omkoopgeld aanvaar het om ʼn kospakkie met dagga daarin aan ʼn gevangene te gee. Dit was egter ʼn lokval en die “gevangene” was ʼn polisiebeampte wat hom as gevangene voorgedoen het.

Volgens die klagstaat is die lokval deur die Wes-Kaapse direktoraat vir openbare vervolging goedgekeur nadat daar inligting ontvang is dat polisiebeamptes by die polisiestasie by korrupsie betrokke is.

Wessels het omkoopgeld aanvaar en die kospakkie aan die “gevangene” gegee sonder om seker te maak van die inhoud daarvan. Wessels is in Augustus verlede jaar skuldig bevind aan korrupsie. Hy is tot agt jaar tronkstraf gevonnis wat ná tien maande tot huisarres omgeskakel sou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

ladybug ·

Sorry sersant as jy korrup wil wees moet jy die punch vat soos ‘n man! Hierdie was nie die eerste keer dat jy dit gedoen het nie, dis net die eerste keer dat jy gevang is!

zahn ·

Ai tog, het jy dit gedoen, ja of nee? Indien nee, hoekom het jy dit nie betwis in die hof nie. Indien ja, gebruik jy weer die ou ou verskoning as jy op heterdaad betrap word: Dit wassie ekke nie! Vat jou pak soos ‘n man, jou muis!

scalla ·

Ek gee jou n brief dit was nie die eerste keer wat hy dit gedoen het nie, hy het te mak begin raak, Slim het sy baas gevang.

Jan ·

Sy inkomste en uitgawe staate klop seker nie meer lekker nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.