Polisiebeamptes bedank oor verkragtingbewerings

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Twee polisiebeamptes van Mpumalanga wat van verkragting beskuldig word, het bedank.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê ‘n 47-jarige adjudant-offisier van Witrivier het Dinsdag bedank.

Hy is Sondag in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n 66-jarige vrou verkrag het. Die vrou is glo verkrag nadat sy na die Witrivier-polisiestasie gegaan het om ‘n misdaad aan te meld.

Die beampte het Maandag in die Witrivier-landdroshof verskyn en is op borgtog van ‘n R1 000 vrygelaat. Die saak is tot 27 Augustus uitgestel.

Intussen het ‘n 52-jarige adjudant-offisier van Ermelo ook bedank nadat hy glo ‘n 17-jarige verstandelik gestremde tienermeisie verkrag en swanger gemaak het.

Die tiener se ma het haar verlede week na ‘n kliniek geneem nadat sy vermoed het sy is swanger. Die meisie het die adjudant-offisier uitgewys nadat daar bevestig is dat sy swanger is.

Die ma het ‘n klag by die Ermelo-polisiestasie aanhangig gemaak en die beampte is in hegtenis geneem. Hy het in die Ermelo-landdroshof verskyn en is op borgtog van ‘n R1 000 vrygelaat. Die beampte sal na verwagting weer Donderdag in die hof verskyn.

Lt.genl. Thulani Ntobela, provinsiale polisiekommissaris, het die bedankings verwelkom.

“’n Verstandelik gestremde tiener en ‘n 66-jarige pensioenaris wat deur twee ervare polisiebeamptes verkrag is. Die bewerings is walglik. Ons het nie die soort lede nodig nie,”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AmY ·

En hierdie is ervare polisiemanne wat, volgens hulle range, al 25+ diens in die SADP moet hê. Hoe gebeur sulke dinge dan?

linda ·

Mag my gesin nooit nodig hê om hierdie land se polisie se hulp te ontbied nie. Daar is goeie polisiemanne en slegtes. Maar hoe weet jy watter soort daag op vir “hulp”. Dis verskriklik dat ons as Suid Afrikaners in die genade van sulke barbare oorgelaat word. En dit sit nie in ons regering
se broek om dit op te los nie.

Drieks ·

Ons mag die polisie nie vertrou, ek het met hul onkunde vrede gemaak. En so moet ek vrede maak met ons land wat val en val en die regering kry nie skaam nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.