‘Polisiebeamptes’ beroof Vrystaat-poskantoor

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Drie gewapende verdagtes, met polisiemaskers, het Donderdag personeellede by die poskantoor in Wesselsbron in die Vrystaat beroof. ʼn Wit Toyota Camry, met ʼn Botswana-nommerplaat, het van die toneel weggejaag.

“Die bestuurder van die poskantoor was omstreeks 07:45 saam met twee werknemers en ʼn veiligheidswag in die poskantoor toe hulle oorval is,” sê kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie. “Hulle is met vuurwapens gedreig om na die agterste kantoor te stap. Hulle is vasgebind. Die bestuurder is gedwing om die kluis oop te maak en die rowers het ʼn onbekende bedrag kontant gebuit.”

ʼn Saak van gewapende roof is aanhangig gemaak.

Enigiemand met verdere inligting word versoek om kapt. Tieho Flyman te kontak by 082 536 2683.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Riaan ·

Stap in enige polisie stasie in 02:00 in die oggend en dit lyk soos ‘n sleep over aand.

Jack ·

Was dalk polisielede. Wie weet. Hoe weet hulle dat hulle hul net voorgedoen het of ken die personeel die rowers.

Blomme ·

Nou word SA regtig ń nes van misdaad. Skurke nou nie eens meer versigtig nie… Sommer helder oordag word mense beroof en selfs vermoor.

Maritza ·

Ons word nie NOU ‘n nes van misdaad nie. Ons is al 25 jaar een vandat die ANC oor geneem het

Di ·

Kriminele raak al hoe meer astrant want hulle weet dat die polisie geen belangstelling het om enige saak te ondersoek of op te volg nie. Dis nou die land van melk en heuning vir kriminele. Tot en met daar behoorlike, lojale en bevoegde polisielede aangestel word, is hierdie land verdoem en ons aan onsself oorgelaat

Maritza ·

As hulle ‘n polisie stasie kan beroof is ‘n poskantoor niks. Hulle vrees niks want niks gaan met hulle gebeur nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.