‘Polisiebeamptes’ betrokke in aanval op Wes-Kaapse plaas

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Boer en sy vrou van Wolseley naby Ceres in die Wes-Kaap is vandeesweek deur ʼn groep mans, wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het, aangehou en beroof.

Konst. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê sewe onbekende verdagtes wat polisieuniforms aangehad het, het Woensdag omstreeks 18:00 toegang tot die plaas verkry.

“Een van die beamptes het gemaak of hy is speurder is,” het Rwexana gesê. “Die verdagtes het met die boer begin praat.”

Na wat Maroela Media verneem, het die boer se vrou in daardie stadium na hulle gestap, waarna ʼn verdagte glo op haar geskiet het.

“ʼn Skoot het afgegaan maar niemand getref nie. Die boer, sy vrou en ʼn werknemer is vasgebind. Die verdagtes het aangedring op die kluis se sleutels en in die slagoffers se VW Polo met ʼn onbekende hoeveelheid kontant en vuurwapens van die toneel gevlug.”

Volgens Rwexana was daar geen beserings tydens die voorval nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Teen Vrydag was niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Rwexana kon nie dadelik bevestig of soortgelyke aanvalle waarby kamma-polisiebeamptes betrokke was, voorheen in die omgewing aangemeld is nie.

“Omstandighede rondom die voorval word ondersoek,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Debs ·

Nou bevraagteken mens ‘n polisieman …. dan word jy summier in die vangwa gegooi soos ‘n vullis sak, en word aangekla…. nou hoe nou…. mens kan mos nie meer die SAP vertrou nie !!!!
Dis scary!!

HEVW ·

Almal in gemeenskapveiligheidsdienste ASSEBLIEF!!!!!!!!!! Doen n beroep op die mense , veral die boere moet asseblief nie jul wapens in die kluise bere nie. Behou net die nodige. Gemeenskapdienste skep n veilige sentrale plek, magasyn met behoorlike kluis om wapens te stoor. Ons is besig om misdadigers te bewapen.

Anneli van Jaarsveld ·

Wonder WAAR kry hul soveel polisie uniforms?????

stavros ·

Ja dit laat mens dink hoeveel polisiemanne dalk wel daarby betrokke is as jy na die uniforms en wapens kyk.

Asjas ·

Nou wonder ek … waar ek werk word alle PPE en uniforms teruggeneem die dag as jy bedank of afgedank word juis sodat jy NIE kan voorgee dat jy iets of iemand is of teenwoordig wat jy nie is nie. Hoekom is dit onmoontlik vir die Polisie om so ‘n prosedure te implementeer en polisieer en alle voordele (uitbetalings) terug te hou totdat alle uniforms terug gehandig is nie?
Toemaar, retoriese vraag … geen antwoorde nodig nie.

M B ·

Wat meer my hare laat rys is die feit dat die polisie-manne die huismense op hul doopname geken het en presies geweet het hoeveel kluise in die huis is… en hierdie inligting kom nie in die media aan die lug nie.. hoekom nie?

Bianca ·

Hoe weet ons dat dit nie regte polisiemanne was nie? Wat van die “Klag van aanranding” se dokumente wat hulle gehad het – dit was die oorspronklike polisievorms? Waar kry hulle dit? Ek ruik ‘n vet rot.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.