Polisiebeamptes eis glo omkoopgeld ná ongeluk

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Twee polisiekonstabels het Maandag in die Nelspruit-landdroshof in Mpumalanga verskyn nadat hulle glo omkoopgeld van ‘n motoris geëis het nadat hy in ‘n ongeluk was weens beweerde dronkbestuur.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê konstabels Thulani Mathe (35) en Walter Nxumayo (32) het glo Saterdag omkoopgeld van ‘n R1 000 by die motoris geëis in die parkeerarea van ‘n winkelsentrum in Nelspruit.

Die motoris was in ‘n ongeluk betrokke en daar is vermoed dat hy onder die invloed van alkohol was. “Mathe en Nxumayo het glo aan die jong man gesê dat hy nie vir bloedtoetse geneem sal word nie indien hy vir hulle geld gee.”

Die motoris het glo R400 betaal waarna die polisiebeamptes hom laat ry het. Hlathi sê die honde-eenheid van Witrivier het ‘n wenk ontvang oor die beweerde korrupsie waarna hulle Mathe en Nxumayo se motor afgetrek het en hulle na die Nelspruit-polisiestasie geneem het.

Mathe en Nxumayo is ondervra en deursoek maar daar was geen teken van die R400 nie. Die polisiebeamptes is egter wel in hegtenis geneem na afloop van ‘n voorlopige ondersoek.

Mathe staan intussen ook tereg op aanklagte van aanranding nadat hy glo ‘n kaptein te lyf gegaan het. Hy en Nxumayo staan ook albei tereg op aanklagte van korrupsie. Hul saak is tot Dinsdag uitgestel wanneer hulle om borg sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Adele ·

Hoekom is die twee dan nog in diens as hulle vorige oortredings teen hulle het? Hierdie is die mense wat ons moet vertrou met ons veiligheid! Die is hoekom so baie mense glad nie van die polisie hou nie, ons besef dat nie almal dieselfde is nie maar ongelukkig is mense al so kwaad dat dit nie eers meer saak maak nie! Soms beskou mense die polisie as ons grootste vyand!

Andrè ·

@Adele, al die klagtes is voortspruitend uit dieselfde dag se gebeure. Dit is nie vorige oortredings nie. Hul inhegtenisname is te danke aan ander SAPD beamptes. Niemand sien dit ooit raak nie. Moet dus nie almal onder dieselfde kam skeer nie. Dit maak die goeie beamptes net verder negatief.

Peter Says ·

Andre, Ongelukkig het hierdie mense, verstaan mooi nie almal nie, hierdie negatiewe beeld geskep. Vertroue kan nie gekoop word nie, dit word Verdien. My beskeie mening.

sarie ·

hoe kan hulle dit doen,,maar hulle werk vir die sap,laat hulle gaan strate vee,dis deur sulke dinge dat daar geen vertroue in die sap is nie.

se ook maar net ·

Andre die “goeie” polisie is bitter skaars, amper soos “bewaarde wild”. Mens kan nie vandag respek vir die SAPD lede he nie. Self in die klein dorpie waar ek woon steel die “goeies”, die wit polisie van die staat deur die voertuie vir eie gebruik aan te wend. Die “goeies” ontvang ook bribes en smeer sake toe (al doen jy navraag daaroor). Ek leer my kind vandag om weg te hardloop of by die naaste huis in te hardloop eerder as om met die sapd te praat of uit te roep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.