Polisiebeamptes getakel toe hulle verdagte te hulp snel

(Argieffoto)

Polisiebeamptes in Noordwes het Woensdag self deurgeloop toe hulle ’n verdagte te hulp gesnel het nadat lede van die gemeenskap hom in Jouberton aangerand het.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê die polisie is Dinsdagaand laat in kennis gestel van ’n tienjarige meisie wat vermis word. ’n Saak is aanhangig gemaak en ’n soektog na die kind is van stapel gestuur.

Lede van die gemeenskap het egter teen Woensdagoggend ook ingespring en na die kind begin soek.

Die meisie is die middag omstreeks 16:00 in ’n skuiling naby haar ouerhuis in die geselskap van ’n volwasse man gevind. Ontstoke lede van die gemeenskap het die man na bewering aangerand en die polisie is ontbied. Polisiebeamptes het by hul aankoms op die toneel die man te hulp gesnel.

Dit is toe dat lede van die gemeenskap ook die beamptes getakel het. Die bande van ’n polisievoertuig is stukkend gesteek voordat die voertuig aan die brand gesteek is. Een polisiebeampte is in die proses beseer toe hy met ’n klip gegooi is.

Die verdagte is ná die voorval na ’n hospitaal geneem terwyl die kind saam met haar ma na ’n kliniek geneem is om ’n mediese ondersoek te ondergaan.

ʼn Saak van opsetlike saakbeskadiging word sedertdien ondersoek.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het sy misnoeë oor die voorval te kenne gegee en die gemeenskap versoek om saam met die polisie te werk in die bekamping van misdaad.

Kwena het daarop gewys dat die aanval op die polisie ʼn aanval op die staat is. Hy het ook die gemeenskap ook daaraan herinner dat die skade wat tydens die voorval aangerig is eindelik ʼn negatiewe impak op dienslewering gaan hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anel ·

En hoekom is niemand nog toe gesluit nie? Maar die man in Senekal kon nie vinnig genoeg toe gesluit word nie!!!

M ·

Siek, soos in siek, land waarin ons tans woon …regtig ‘n saak van “Cry, my once insanely Beloved Country” ( Met erkenning en apologie aan Alan Paton : Cry, the beloved Country)

Jr ·

Ja die Boere word gevonnis vir skade aan polisie karre maar “our people” is daar niks aangedoen. Anc laws and African law

Harley Davidson ·

Die polisie se onbevoegdheid en onbeholpe aan geploetery het nou al lagwekkende geword .

SjN ·

Hoekom so lank neem om die skuldige brandstigter agter tralies te kry, hy moet mos verantwoordelikheid aanvaar vir die skade?

Jaco ·

“die gemeenskap versoek om saam met die polisie te werk”. Mooi woorde, maar doen die gemeenskap dit, dan sê die polisie “ons kan nie nou kom nie want ons het nie voertuie nie”, of “ons werk net kantoorure” of “kom lê eerder môre die klag by die polisiestasie”. Met sulke antwoorde en verskonings is sogenaamde “bundu justice” seker maar die enigste alternatief.

Jack ·

Los die gemeenskap. Hulle weet van wetstoepassing en ken die howe se kwaliteite teen die tyd.

christo ·

Die land brand en die majority rules. Enige iemand wat hulle aan Ramaphosa, Bheki Cele en al hulle ander skuim se toesprake, kommentaar en mooi woorde glo moet ‘n baie lae IK hê.

Swerwer ·

En niemand word toegesluit en borgtog geweier nie? Oee hierdie dubbelsinnige wraak is alles te danke aan die ANC en EFF.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.