‘Polisiebeamptes’ gevonnis ná plaasaanval

plaas-polisie-veld

(Argieffoto)

Vyf plaasaanvallers is tien jaar tronkstraf opgelê nadat hulle hulself as beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en sy reserwediens voorgedoen en op ’n plaas in KwaZulu-Natal toegeslaan het. Die voorval het in 2018 plaasgevind.

Die eienaars van die plaashuis is destyds vasgebind en meer as R3 miljoen is uit die kluis gesteel.

Mlungisi Ntombela (45), Bonginkosi Cele (45), Sipho Mhlanga (41), Mthokozisi Shozi (38) en Thokozani Aubrey Shozi (41) is Vrydag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg tien jaar tronkstraf opgelê op aanklag van roof.

Hulle is ook tot ’n verdere vyf jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van ontvoering.

Die vonnisse word gelyklopend uitgedien.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, sê dié vyf aanvallers en nóg ’n aanvaller het in Oktober 2018 in twee voertuie op ’n plaas in die omgewing van Bergville aangekom onder die voorwendsel dat hulle polisiebeamptes is.

Die aanvallers het daarop aangedring om vuurwapens te sien as deel van ’n inspeksie. Hulle het die eienaars van die plaashuis oorval, vasgebind en die huis geplunder.

Die aanvallers het ’n kluis in die huis oopgebreek en meer as R3 miljoen gebuit voordat hulle op die vlug geslaan het.

Die slagoffers kon daarin slaag om hulself los te wikkel en die voorval by die polisie aan te meld.

Die saak is destyds aan die Valke oorhandig en die verdagtes is op die N3 naby Camperdown op pad na Durban voorgekeer. Vier van die aanvallers is op die plek in hegtenis geneem, terwyl twee op die vlug geslaan het en eers later in hegtenis geneem is. Dit is nie bekend wat van die klag teen die sesde aanvaller geword het nie.

Die polisie het destyds beslag gelê op R3,3 miljoen wat in ’n koeëlvaste baadjie versteek was, nóg koeëlvaste baadjies wat aan die polisie behoort, blou ligte, ’n gelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

10Jaar?? Die ouens gaanmaar weer dit doen. Mos hulle tussen 15 en 20 jaar gegee het.

Stefaan

Hoe het hulle geweet van die baie geld?

Casper

Dankie tog,hulle is nie beseer nie en hulle geld is teruggevind.Maar hoekom so baie geld in die huis hou.

Genis

“Our People” word lig gestraf? Dis baie geld om so te hou… iemand moes van dit geweet het….

Stephen

Casper. Banke is gelisensieerde diewe. (Om n Bankbestuurder se woorde te gebruik) Teen die rentekoers wat n persoon nou by n bank kry is dit beter om dit by die huis weg te steek. Moet dit net nie adverteer nie.