Polisiebeamptes gewond tydens skietery

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Twee polisiebeamptes is Woensdag gewond tydens ‘n skietgeveg met ‘n groep mans in Dawn Park in die ooste van Johannesburg.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê die twee konstabels, 38 en 40 jaar oud, is onderskeidelik in die bolyf en hand geskiet. Hulle is na die Union-hospitaal in Alberton geneem vir behandeling.

Dlamini sê die beamptes het ‘n verdagte voertuig genader toe twee mans uitgespring en op die beamptes losgebrand het.

“Die polisie het teruggevuur. Twee van die verdagtes het te voet gevlug terwyl die ander drie verdagtes in die voertuig weggery het.”

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.