Polisiebeamptes glo oor prostitusie omgekoop

Genchen Rugnath en sy vrou Ravina Foto: Tebogo Letsie

Genchen Rugnath en sy vrou Ravina Foto: Tebogo Letsie

Die polisie het ʼn minderjarige skoolmeisie, wat haarself vir R50 verkoop het, twee keer in hegtenis geneem, maar vrygelaat nadat haar vermeende “verhuurder” die betrokke beamptes omgekoop het.

Die meisie, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, het gesê sy is een keer vir prostitusie in hegtenis geneem en een keer omdat sy kokaïen gerook het. Haar “verhuurder”, Sandile Patrick Zweni, het glo telkens met die betrokke polisiebeamptes gesels waarna sy en die ander meisies vrygelaat is. Volgens haar het Zweni elke keer die polisiebeamptes omgekoop.

Die meisie getuig tans in die hofsaak teen dr. Genchen Rugnath, sy vrou Ravina, Zweni, Nonduzo Dlamini en Bhabha Dubazini. Hulle het almal onskuldig gepleit op 156 aanklagte insluitend aanranding, verkragting, seksuele uitbuiting van ʼn minderjarige en swendelary.

Meisies tot so jonk as 12 jaar oud het glo by die hotel in Durban gewerk. Die meisie het Maandag aan die hof gesê sy het haar lyf vir dwelmmiddels begin verkoop toe sy 13 jaar oud was.

Volgens die meisie het sy en twee ander meisies buite Rugnath se Inn Town Lodge staan en werk toe hulle die eerste keer in hegtenis geneem is. “Die polisie het ons gejaag , gevang en ons hande agter ons rug vasgemaak,” het sy getuig. Hulle is egter glo nie na ʼn polisiestasie geneem en aangekla nie, maar is omtrent 20 minute lank agter in die polisievoertuig gehou voordat hulle vrygelaat is.

“Sandile het vir hulle geld gegee,” het sy gesê. “Hulle is toe daar weg en ons is weer in die hotel in.”

Die tweede keer het hulle glo kokaïen in hul kamer in die Inn Town Lodge gerook toe hulle in hegtenis geneem is. “Ons is weer na die polisievoertuig geneem. Toe ons inklim, het Sandile weer met hulle gepraat. Ons het ʼn kort rukke lank in die voertuig gesit voordat ons vrygelaat is.”

Sy sê sy het gehoor Zweni sê vir die polisiebeamptes die drie meisies is “my kinders” en hulle “sal dit nie weer doen nie”. “Ek het gesien hoe gee hy vir hulle geld,” het die meisie getuig.

Die kode om die meisies oor ʼn polisieklopjag te waarsku, was glo: “Benni Benni, die kinders huil.”

Die meisie, nou 19 jaar oud, het Maandag aan die hof gesê sy was 13 jaar oud en het buite die biblioteek in Durban gestaan toe sy genooi is om by die Victoria Lodge-hotel te kom bly. Klik hier om meer te lees.

Die saak duur voort.

Lees ook:
Tiener getuig oor prostitusie by Durban-hotel
Mensehandel-saak: Verdagtes weer in hof
Mensehandel-saak: Meisie glo aangehou tot sy verslaaf is
Mensehandel-saak uitgestel
Prostitute verlaat glo hotel voor “baas” opdaag
Polisie het bordeel glo vroeër besoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.