Polisiebeamptes help glo vragmotor kaap

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

Twee polisielede, ʼn kaptein en ʼn konstabel, is onder die nege mans wat vroeg Maandag aan die Oos-Rand in verband met die kaping van ʼn vragmotor in Potchefstroom in hegtenis geneem is.

“Gauteng se polisiebestuur was teleurgesteld om te verneem dat die twee polisiebeamptes in volle uniform en in ʼn gemerkte polisievoertuig die vragmotor begelei het nadat dit na bewering gekaap is,” sê kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder.

“Terselfdertyd is die bestuur verheug dat [vermeende] misdadigers in ons geledere geïdentifiseer en in hegtenis geneem is.”

Masondo vertel die polisie was in die vroeë oggendure op roetinepatrollie toe hulle sien hoedat ʼn vragmotor op die N12-snelweg in Benoni aan Gauteng se Oos-Rand begelei word deur drie voertuie, waaronder een van die polisie.

“Die polisie het die stoet fyn dopgehou,” sê Masondo, “en hulle later in Boksburg voorgekeer. Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die vragmotor vol kruideniersware in Potchefstroom in Noordwes gekaap is.”

Al nege verdagtes is in hegtenis geneem en word aangekla van onder meer vragmotorkaping, die besit van ʼn gekaapte voertuig, regsverydeling en die bestuur van ʼn voertuig sonder die eienaar se toestemming.

Masondo sê die nege kom na verwagting Woensdag voor in die Boksburgse landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Pieter ·

Dankie tog dat daar wel nog eerlike SAP beamtes in die mag oor is?.

Liezl ·

Niks verbaas my meer nie….daar’s meer van hulle. Hou so aan, dit is verblydende nuus dat die skurke vasgetrek word.

SjN ·

Die deler is net so goed soos die steler, hoop hul boet vir hul dade.

wraggies ·

Ja nee, sekere manne in blou weer eerste op die misdaad toneel.

Neels ·

Dankie waaksame en eerlike polisie manne julle is min gesaai in die huidige SAPD. Stadig maar seker word die onkruid uit geroei. Ek vertrou die twee en hulle makkers word toegesluit vir n lang tyd. Die eerlike polisiemanne moet net asb dop hou dat hulle dossiere nie wegraak nie

Speedguard ·

Ja nee Neels, die eerlikes het ‘n moeilike taak om te verrig, wel done julle ouens !

Hoe nou....... ·

Hoop nie die saakie verdwyn onder die mat in nie………?

Johan H. ·

Ag Shampies het ons nou anders verwag,,, Hulle strawwe moet erger wees as die normale wetsgehoorsame burger Want Hulle Teem mos iemand wat die polisie doodmaak moet erger gestraf word as wat jy n gewone burger doodmaak Dan Nie ????

christa ·

ja die polisie is korrup van bo tot onder. Die seniors stel die slegte voorbeeld. Hulle neem mos van die straat af in diens sonder ondersoek na hul verlede te doen. Dis die nuwe regering van die dag

toy ·

Dis nou mense wat jy moet vertrou en nodig het in ‘n krisis dan doen hulle sulke dinge.

Sarel Strydom ·

Ja – Poliesiemanne was betrokke maar gee nou darem krediet ook dat hulle gearresteer is.

MAROUS ·

Gaan die eerlike lede en hul teleurgestelde bevelvoerders by die hof betoog dat hulle nie borg kry nie , en vir ewig moet sit ?

Piet Pompies ·

Hierdie is die sigbare bewyse, hoe lank is die polisie lede al besig met kapings, staats voertuig, petrol. Hoe kan ‘n stasie bevelvoerder nie weet wat sy manne gedurende die dag doen.
Hier is Nelspruit staan gereeld ‘n polisie voertuig afkomstig van KZN by die winkelsentrum, op sy kant staan geskryf, NKXXXXX local policing (NKXXXXX is ‘n dorp aan KZN se Noordkus)

Anoniem ·

Neem foto’s en stuur aan Maroela Media en Afriforum dat die skandes bekend gemaak kan word.

Die Verlore Skaap ·

Wat se gemors is dit nou weer.
Hier maak hulle of dit normaal is ?
Wat se daardie NAR met die hoed op sy kop ?
Verbeel jou dit gebeur in n regte land soos Frankryk of Engeland ?
Sies !

Melanie ·

Ek vertrou geen, maar GEEN mens in uniform, al glimlag hulle hoe breed.

Netso ·

Die honde is oral besig! Daar is ñ lot wat in Nigel ook hi-jack en die drywer dik slaan en later diesel, baterye ens uithaal voor Delmas as hy nie Mozambique toe ry nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.