Volgens die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is ’n polisiebeampte van Polokwane, wat ook ʼn pastoor is, daarvan aangekla dat hy een van sy gemeentelede verkrag het. Die vrou het die beweerde verkragting by die polisie aangemeld.
Grace Langa, woordvoerder van Opod, het gesê die polisiebeampte het toe glo die twee vrouebeamptes R1 500 elk betaal om die slagoffer te kry om ʼn verklaring te onderteken waarvolgens sy die saak terugtrek en om die dossier te laat verdwyn.
Die beweerde gebeure het egter aan die lig gekom en die twee vrouebeamptes word nou van regsverydeling aangekla. Hulle sal op 30 September in die hof verskyn. Opod het ook versoek dat daar dissiplinêre stappe teen die beamptes gedoen word. Hulle mag intussen geen verdere sake van seksuele oortredings of kindermishandeling hanteer nie.
Die verkragtingsaak is intussen weer ingestel en die polisiebeampte sal na verwagting Donderdag in die Seshego-streekhof verskyn.
Ai jai jai, daar is net nie ‘n einde !!!
Fire hulle uit die mag uit
En ons mut ons kinders leer om hulle te vertrou…. I don’t think so….
ek was jare lank in die polisie, dis oor sulke goed, gemeng met politiek dat ek weg is, as jy begin skaam kry om te se dat jy n polisie man is, moet jy weet dat dit tyd is om te gaan, ek is ook bly ek is nie die man wat eendag voor God moet gaan staan en verduidelik hoekom hy sy christenskap so misbruik nie, vir die vrouens betrokke, is die deler net so goed soos die steler, dis n skande!!!
Liewe Vader! HOE is dit moontlik dat twee vroue dit aan ‘n ander kan doen? Dis seker een van die walglikste goed wat met ‘n vrou kan gebeur, en hulle smeer dit toe?
n Polisieman en nogal n pastoor ook……….het seks so n groot houvas op party mense.?
Hoe stop mens die gemors?
Ek se mos nog al die jare…. Pastoor is n skuilnaam vir n rower bende.
Ja, Ian, ‘n PASTOOR van Nigel het eendag ook in my gesig vir my gese ek is ‘n h__r omdat ek my hare self baie kort skeer en ‘n s__t omdat ek rook?!
So nou mag hulle nie met sekere sake werk nie……..
Hulle moet met GEEN sake werk nie en summier afgedank word!
Dis onse “SAPD” daai!!! Die “SAPD” is een groot hoop, duur, gemors!!!!
Ons kan hulle nie bekostig nie!