Die saak teen konst. Olebogeng Molatlhwe (30), reservis-konstabel Edward Arendse (36) en ʼn 42-jarige adjudant-offisier is tot 3 Februarie uitgestel wanneer hulle sal aansoek doen om borgtog.
“Ons kan nie die naam van die adjudant-offisier bekend maak nie, aangesien daar nog ʼn uitkenningsparade gehou moet word en dit ons ondersoek kan belemmer,” het kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, gesê.
Naidu het gesê die drie polisiebeamptes word daarvan beskuldig dat hulle Saterdag in uniform ʼn winkel, wat aan ʼn buitelander behoort, beroof het. “Die klaer beweer dat die polisiebeamptes gesê het hulle is op soek na onwettige sigarette. Twee van die beamptes was binne die winkel terwyl die ander persoon buite gestaan het,” het sy gesê.
Die polisiebeamptes het glo met R9 000 gevlug. “Ooggetuies beweer die beamptes het in ʼn gemerkte polisievoertuig van die Roodepan-polisie van die toneel weggery.”
Volgens Naidu is die beamptes Maandagmiddag in hegtenis geneem nadat daar ʼn klag van roof by die Galashewe-polisiestasie aanhangig gemaak is.
Vergrype, soos ons land se leiers…………
Hier by ons is dit al ‘n spottery, jy word twee keer geroof op een slag. Eerste keer deur diewe, tweede keer gebeur dit terwyl die polisie besig is met hul ondersoek. Het hulle al ooit Oscar se horlosie gekry? Vra maar net..
Met respek gesê teenoor die lede wat dit nie doen nie. Daar is van julle, baie min, maar daar is.
Ja ne, met ‘n “gun” en ‘n “badge” kan mens maak soos jy wil! Skreiende skande! En dis sekerlik nie die eerste keer dat hulle dit doen nie, net die eerste keer dat hul gevang word!