Polisiebeamptes in hof oor 2012 Marikana-skietery

Marikana (Augustus 2012) Foto: ANA

Nege senior polisiebeamptes sal na verwagting Donderdag in die Rustenburgse landdroshof verskyn in verband met die skietery van mynwerkers in Marikana naby Rustenburg, Noordwes in 2012.

Hulle staan onder andere tereg op aanklag van moord en dwarsboming van die gereg.

Die beamptes verskyn in die hof op aanbeveling van die Farlam-kommissie van Ondersoek wat die gebeure vooraf en tot en met 16 Augustus 2012 ondersoek het, toe 34 stakende mynwerkers dood is toe polisiebeamptes op hulle losgebrand het.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het ná die Farlam-verslag aanbeveel dat sekere beamptes vervolg moet word op aanklag van moord, poging tot moord, dwarsboming van die gereg, oortreding van die Opod-wet en dat hulle vals getuienis ingedien het.

ʼn Ondersoek deur Opod het bevind dat ʼn generaal-majoor, wat in bevel was van die polisie-operasie by Marikana, versuim het om voldoende op te tree toe hy die voorval van 13 Augustus 2012 hanteer het, en dit het tot die dood van twee polisiebeamptes en drie stakende mynwerkers gelei. Die twee polisiebeamptes was ao Tsietsi Hendrik Monene van die polisie se openbareorde-eenheid in Mpumalanga, en ao Sello Lepaaku van die polisie se openbareorde-eenheid in Noordwes. Die stakende mynwerkers was Thembelakhe Mati, Semi Jokanisi en Phumzile Sokhanyile.

Die generaal, wat na bewering ook die advies geïgnoreer van ervare polisiebeamptes, wat vantevore skarebeheer gedoen het en het die polisie se bepalings wat met skarebeheer verband hou, oortree.

ʼn Brigadier, aan die hoof van die provinsiale speureenheid, nog ʼn brigadier aan die hoof van speurders by die aanhoudingsentrum en ʼn majoor staan almal tereg op aanklag van dwarsboming van die gereg nadat hulle geswyg het oor ʼn persoon wat in aanhouding gesterf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Willie ·

Was die in die hof wat die sekuriteits beamptes en polisie dood gekap het met pangas? Was die Singoma in die hof, wat hulle deursigtig gemaak het?

PIPPIE LANGKOUS ·

Ag Willie…jy ken mos al klaar die antwoord. Hier gaan dit net oor die mynwerkers!!! Wat verwag jy van on land???

Cherokee ·

Die sangoma wie se muti nie gewerk het nie en hulle toe tog gesien kon word deur die polisie, is by die verbruikersraad verkla.

Wanda ·

Hierdie storie is nou al net so holrug gery soos die ou apartheid storie. Om van siek te word.

Hennie ·

Hi julle!!! Julle almal is verkeerd! Daai mynwerkers met die pangas het voor in die ry gestaan want hulle wou appels skil en brood met botter smeer. Hulle het glad nie ons S.A.P.D lede gedreig nie. Sien ons almal vertaal als verkeerd in die land. Iemand breek in by jou huis terwyl jy slaap en se in die hof hy het ingebreek om n telefoon te soek om iemand te bel en hy is vry. Iemand rig n wapen op jou en hy is vry want hy wou jou seker net wys hoe n vuurwapen lyk. O ja en as hulle nou jou grond kom vat is dit ok want hulle voorvaders het eerste daar gebly!!! Welkom in die NUWE Suid Afrika!!

SjN ·

Die range is verseker aan hul uitgedeel en is nie verdien nie.

Gerrit ·

Net die beste het hoë range beklee in die polisie nou moet jy net lees , skryf en tot 10 te kan tel om n hoë rang te beklee en jy hoef ook nie besig te hou met misdaad bestryding nie jy kan n taxi besigheid of taverne bestuur solank jy net uniform aanhet.

jaco ·

Sharpeville 21 Maart 1960: wit polisie skiet tussen 67 en 180 swart betogers dood. Binne EEN week verdoem die VN Suid-Afrika met ekonomiese sanksies en versterk die ANC en die PAC hulle gewapende stryd teen apartheid.
Marikana Augustus 2012: swart polisie skiet op swart betogers. Res van die wêreld sê NIKS en dit vat allerhande kommissies en die Staat nou al amper 6 jaar om alles te ondersoek.
Bespeur ek dalk dubbele standaarde hier?

marous ·

Sleep vir Fekile en Cele saam dat hulle kan verduidelik wat vorentoe gaan gebeur met moordenaars …..

christa ·

ek het ‘n whats app gekry van koerant uitknipsel wat jy kan sien dat ,n sekere blond aktriese van voorheen Benoni die EFF befonds die “Every For Free organisasie”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.