Polisiebeamptes in hof oor afpersing, korrupsie

(Foto: SA Polisie)

Vier polisiebeamptes bly in aanhouding ná hulle Vrydag in die Germiston-landdroshof verskyn het op aanklag van afpersing en korrupsie.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê ao. Frans Nono Manyelo (52), sers. Fihlang Junior Molefe (47), konst. Matlhalela Lucas Ramalobela (35) en Lucas Malwela (34) het hulself Maandag aan die Valke oorgegee.

“Die klagtes is in Augustus 2019 by die Valke aangemeld vir ondersoek. Die verdagtes was glo aan diens toe hulle die klaer se voertuig deursoek en hom gedwing het om hulle na sy huis in Brackenhurst, suid van Johannesburg, te neem,” het Mulamu verduidelik. “Met hul aankoms is die man se huis deursoek en hulle het glo ʼn bedrag van R200 000 geëis om te voorkom dat die man in hegtenis geneem word. Hulle het hom na ʼn Shell-vulstasie op die M2 begelei waar hy gedwing is om kontant te onttrek.”

Die verdagtes is deel van Krugersdorp se blitspatrollie en Ekurhuleni-Sentraal se trio-taakspan.

“Die saak is tot Maandag uitgestel vir formele aansoek om borgtog en verdere ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Louwrens ·

Liewe genade ou cele, wie doen die “streng” keuring vir jou korrupte polisie sirkus ??? SKANDELIK MAN SIES !!!!!

Yvonne ·

Gulsigheid is hulle ondergang…n salaris is net nie genoeg nie…daar is duisende wat te dankbaar en eerlik die werk sal verrig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.