Polisiebeamptes in hof oor korrupsie

Argieffoto

Twee polisiebeamptes, wat verlede week in hegtenis geneem is, het onderskeidelik in die Durban- en Newcastle-landdroshof verskyn.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, het gesê konstabel Phumlani Mlotshwa (33) word daarvan beskuldig dat hy R5 000 omkoopgeld in ʼn saak van motordiefstal wou bekom om ʼn voertuig vry te stel wat geskut is. Die bedrag is aan Mlotshwa oorbetaal nadat hy die persoon na ʼn nabygeleë kitsbank vergesel het.

Konst. Nthuthuko Mzobe (33), wat by Durban se satelliet-polisiestasie gestasioneer is, het na bewering verlede week ʼn taxi gekonfiskeer toe hy aangevoer het die bestuurder het hom amper omgery. Hy het omkoopgeld van R2 500 geëis om die voertuig vry te stel. Die beampte is kort daarna in hegtenis geneem.

“Albei beskuldigdes is vrygelaat op borgtog van R5 000 en die sake is onderskeidelik uitgestel tot 15 en 20 Mei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

leser ·

maak van hulle ‘n voorbeeld soos met die landdros, lang jare in ‘n tronk sel, elkeen alleen

Daan ·

Hierdie is so aledaagse nuus dit is nie eers meer snaaks nie die klomp kan seker nie laer daal as wat hulle reeds is nie ,jammer hulle mors hardwerkende mense se belasting geld.

John Samuel ·

“Polisiebeamptes in hof oor korrupsie” – Selfde as “Son sak en dit is donker”.
The End.

Gerrit ·

Dan is daar nog mense wat nie weet hoekom die meerderheid suid afrikaners die polisie nie respekteer en vertrou nie ,lees maar net nuus en kyk na die stygende misdaad.

Duitser ·

Die polisie het nou die grootste probleem in die sa staat geword.

Colleen ·

Weet nie hoekom dit die nuus haal nie. Korrupsie in die polisie is ‘n alledaagse verskyning. Prys eerder die 10 lede wat nog eerlik is.

christa ·

niks snaaks nie, die polisie wemel van korrupte en skelm mense. Dis hoekom ons eens veilige land in ‘n oorlogzone ontaard het

Haibo ·

Waar is die tannies en dames wat hulle mans en broers en seuns in die polisie so beskerm en vertel hoe wonderlik is hulle? As hulle nie deel uitmaal van plaasmoorde nie, dan pleeg hulle bedrog .. wragtie niks meer om op trots te wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.