Polisiebeamptes in hof oor renosterstropery

Argieffoto: viechfisch, Pixabay

Argieffoto: viechfisch, Pixabay

Twee konstabels van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en vier siviele mans sal Maandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklag van renosterstropery.

“Die polisie het inligting ontvang dat vier persone Saterdag renosters by die Ngodwana Kangaroo-wildreservaat gaan stroop,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Beamptes van misdaadintelligensie van die Pienaar-eenheid het die wenk opgevolg en gesien hoe twee beamptes, wat by die Masoyi-speurafdeling gestasioneer is, die vier mans in ʼn amptelike voertuig by die wildreservaat oplaai.”

Volgens Hlathi het die beamptes die amptelike voertuig tot ongeveer 5 km van die Mbombela-stadion agtervolg toe die bestuurder uiteindelik stilgehou het. “Polisiebeamptes het tydens die soektog beslag gelê op twee vars gestroopte renosterhorings en ʼn jaggeweer met vier patrone. “Al ses mans, insluitend die twee speurders, almal tussen 19 en 42 jaar oud, is in hegtenis geneem,” het hy bygevoeg.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklag van renosterstropery, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. “ʼn Interne ondersoek is van stapel gestuur oor die onetiese gedrag van die twee beamptes. ʼn Intensiewe ondersoek word ook gedoen om te bepaal of die verdagtes met enige ander misdade verbind kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hennie ·

Hoeveel keer moet ons nog lees van polisie wat hulle nie kan gedra nie?

Jan ·

Dit gaan nog laaaaank vat om diegene wat nie in die polisie aangestel moes gewees het nie van ontslae te raak. Onthou, die mense is na die ANC aan bewind gekom het, sommer net in ‘n jop gedruk. So het Umkhonto se mense in die weermag of in die polisie beland.

Lance ·

Diewe moordenaars plunderaars en verkragters ….dit het netnie end nie !

wilma ·

N Polisie generaal beledig Instrukteurs by Polisie Kollege op Odn Voor studente.So dit saam met stropers wys watter swak kaliber is in uniform.

Vissie ·

Wat se norme word deesdae nog gebruik wanneer mense gekeur word om in die polisiediens opgeneem te word? Of miskien moet mens vra: Is daarf nog hoegenaamd norme?

Cherokee ·

Die polisie het ‘n wenk ontvang dat renosters gestroop GAAN word. Hulle het die stropers voorgelê en twee vars gestroopte renosterhorings by hulle gevind. As hulle hul werk deegliker gedoen het was twee renosters nie geslag nie. Die bergig laat dit klink asof hulle lank genoeg voor die tyd gewaarsku is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.