Polisiebeamptes in hof oor renosterstropery

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Drie polisiekonstabels en ʼn voormalige wildbewaarder sal na verwagting Dinsdag in die Nelspruit-streekshof verskyn in verband met renosterstropery.

Die vier beskuldigdes het in November in die hof verskyn maar die saak is uitgestel aangesien die dossiere nog nie aan die verdediging beskikbaar gemaak is nie. Konsts. Arnold Mashele, Dennis Mkhonto en Morris Sehlabela sowel as Phineas Dinda is nie gevra om te pleit nie.

Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van sameswering om renosters te jag en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Mashele, Sehlabela en Dinda is in Mei in hegtenis geneem na ʼn gesamentlike operasie deur die Valke en nasionale parkbeamptes.

Lt.genl. Solomon Makgale, nasionale woordvoerder van die polisie, het destyds gesê parkbeamptes het ʼn wenk ontvang waarna hulle ʼn gemerkte Skukuza-polisiebakkie van die pad af getrek het. Daar is op ʼn .375-jaggeweer, ʼn knaldemper, ammunisie en toerusting vir stropery beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

SNEL ·

As n polisiebeampte of n wildbewaarder, die mense wat juis hierdie renosterstropery moet help hokslaan betrokke is, moet hulle sommer n dubbele fonnis kry.

SNEL ·

Ja, as hulle vir so insident bv. tien jaar gee moet die komp sommer twintig kry.

SNEL ·

Ja, as hulle vir so insident bv. tien jaar gee moet die komp sommer twintig kry.

Dave ·

Doen moeite en dink iets oorspronkliks uit. Pappegaai-taal kan uiters vervelig wees.

Eduard ·

Dave as ons n taal les wil he sal ons vra vir een. Al stem ek baie keer saam jou hou ek nog steeds nie daar van as jy wil taal “speedcop” hier speel nie.

Andries ·

Wonder hoe lank gaan ons wag voordat ons hoor hierdie beamptes is nou n’ kaptein of general. WANT AS JY DROOGMAAK IN DIE POLISIE HOU HULLE VAN JOU

Theresa ·

Geld praat harder as jou plig en trots om jou werk korrek te doen. Julle loop almal met oogklappe. Hierdie moord op die renosters gaan nooit gewen word nie. Ons sal een van die dae net prentjies vir ons kinders kan wys wat eers lieflike diere was wat hier rondgeloop het. Kyk maar hoe idioties is toeriste in die Kruger Wildtuin. Hoe word die arme onskuldige diere getart in hul eie gebied.

Marietjie ·

Polisie en Wildbewaarder – is dit nie juis die wat moet sorg dat stropery nie gebeur nie? Die mensdom het voorwaar verval. Geen trots vir jou werk, geen eerlikheid, geen respek vir die natuur nie. Vernietig alles wat mooi is in die naam van geld. Maak my sommer siek.

ladybug ·

Ja né, so maak hulle nou nog verder die polisie se naam gat! Hulle ken die Wet en moes nie eens borg gekry het nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.