Polisiebeamptes in hof vir korrupsie

Argieffoto

Argieffoto

Tien polisiebeamptes van die Parow-polisiestasie het Dinsdag in die Bellville-streekhof skuld ontken op aanklagte van korrupsie.

Sewe van die beskuldigdes staan ook tereg op aanklag van bedrog. Hulle het ook op dié aanklag skuldig ontken.

Thersia du Toit-Smit, senior staatsadvokaat, het Dinsdag aangevoer daar is nie genoeg tolke vir die hof om die beskuldigdes se sake aan te hoor nie. Volgens haar sal “die tolke eers teen Woensdag beskikbaar wees”.

Du Toit-Smit en die verdediging het egter besluit, in ʼn poging om nie tyd te mors nie, om die klagtes aan die beskuldigdes te stel, sodat hulle kan pleit.

Die staat voer aan die beskuldigdes het verskeie kere in 2013 beweer hulle het dwelms op sakepersele gevind. Die beskuldigdes het glo geld van die eienaars van die persele geëis om inhegtenisneming te verhoed.

Landdros Njengele Tshiki het die tien beskuldigdes gewaarsku om weer Woensdag in die hof te verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.