Polisiebeamptes in lokval gelei

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Een polisiebeampte is Dinsdag in Inanda, KwaZulu-Natal dood en ʼn tweede beseer nadat hulle oorval, hul klere uitgetrek, ontvoer en geskiet is.

“Die polisiebeamptes is omstreeks 12:50 na die Namibia- informele nedersetting waar hulle ʼn beskermingsbevel wou uitvoer,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Toe hulle by die huis aankom, het drie verdagtes hulle oorval en hulle vuurwapens afgeneem.”

Zwane het gesê die verdagtes het die polisiebeamptes gedwing om hul uniforms uit te trek waarna hulle agterin die vangwa geplaas is. “Die verdagtes het met die beamptes na die Ngcungcwini-gebied gery en hulle geskiet. Een van die beamptes is op die toneel dood.”

Die vroulike polisiebeampte is beseer en sy is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling.

“Die verdagtes het te voet van die toneel gevlug en die polisievoertuig agter gelaat.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord,” het Zwane bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Winston ·

Dit gaan erger word en die president slaap. Word wakker Zuma word wakker. Jou land brand!!!

EKSDOM beurshouer gewees ·

Ons is stadig besig om in ANARGIE te verval!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.