Polisiebeamptes in Philippi-Oos aangeval

Foto verskaf deur SAPD Wes-Kaap

Nóg ʼn aanval op SAPD-beamptes en staatseiendom in minder as twee weke is ʼn ernstige kommer vir die SAPD, het die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, genl. maj. Patekile, gesê ná ʼn skietvoorval in Philippi-Oos.

Sektor-bevelvoerders was Dinsdag omstreeks 11:30 in Philippi-Oos besig met roetine-patrollie toe hulle drie verdagte mans op ʼn hoek opgemerk het, het FC Van Wyk, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê.

“Toe die patrollievoertuig hulle nader, het een van die verdagtes ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en verskeie skote op die naderende voertuig geskiet. Die polisie beamptes het teruggeskiet.”

Die verdagtes het van die toneel gevlug en in die haas die vuurwapen laat val. “Die beamptes het die persoon agternagesit, maar hy het weggekom. Hy is steeds voortvlugtig,” het Van Wyk bygevoeg. Die 9 mm-pistool is by die plaaslike polisie ingehandig as bewysstuk.

“Die polisie in Philippi-Oos ondersoek ʼn saak van poging tot moord. Die motief vir die aanval is nie bekend nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ovelia ·

Dit is onaanvasrbaar. Die polisie moet die reg he om eerste te skiet

Cherokee ·

Hulle het natuurlik soos enige lid van die publiek, die reg om eerste te skiet. Daarna sal bewys moet word dat dit terwille van beskerming, self of ander, was.

Wayne ·

Die verskafte foto toon dat dit n PAK pistool is wat slegs loskruit patrone kan afvuur . Daardie wapens word al hoe meer in misdade gebruik . Ergste van alles is dat hulle te koop is by elke vlooimark . Koop hom soos n speelgoed pistool , loop uit en roof iemand .

Hennie J ·

So hulle patrolleer, m.a.w hulle is bedag op enige iets ‘snaaks’. Hulle sien drie knape wat verdag lyk en RY nader. Een knaap skiet op hulle met loskruit en hulle skiet terug maar die drie kom weg. Is ek net hipersensitief of is dit sprekend van hoe paraat hulle is?
Kan wees toe die skoot klap en geen koeel hulle voertuig tref nie, die een beampte eers moes seker maak haar pruik sit reg en haar bloes is toegeknoop terwyl die ander eers n plekkie moes sien om die kfc neer te sit en sy/haar vuurwapen uit die holster te haal; dit verby die beknopte ruimte van n boepens.

Nico ·

Die SAPD is meer gepla oor hul lede wat aangeval word, wat doen die SAPD omtrent die plaasaanvalle en indien ‘n vuurwapen gebruik word vir selfverdedeging word die persoon aan gekla vir moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.