Polisiebeamptes koop glo vrou om

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Twee polisiekonstabels en ʼn 34-jarige vrou het Donderdag in die Nelspruit-landdroshof in Mpumalanga verskyn.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê konsts. Andries Nkosi (35) en Lucky Mashego (36) het saam met Rose Owusus in die hof verskyn op aanklag van korrupsie en die besit van en handel in dagga.

Sedibe het gesê die lede van die provinsie se misdaadintelligensie-eenheid het Woensdag ʼn wenk ontvang oor die twee konstabels. Die polisie het onmiddellik na die beamptes begin soek en hulle gevind waar hulle in volle uniform met Nkosi se private motor rondry. Sedibe het gesê dagga is in die motor gevind.

Volgens die polisie se voorlopige ondersoek het die beamptes Owusu betrap met die dagga in haar besit. Hulle het die dagga glo by haar gevat en omkoopgeld van R2 000 geëis vir haar vryheid. “Terwyl hulle vir haar gewag het om die geld bymekaar te maak, het die lede van misdaadintelligensie op hulle toegesak en beide die konstabels en die vrou in hegtenis geneem.”

Die verdagtes is almal borgtog van R1 000 toegestaan en die saak is tot 11 Maart uitgestel. Owusus is beveel om haar paspoort in te handig en elke Maandag by die Kanyamazane-polisiestasie aan te meld. Die beamptes word intussen ook intern ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Piet Pompies ·

Ek wonder hoeveel tyd, persentasie gewys die algemene Polisieman aan werk spandeer?
Dit wil voorkom asof die meerderheid tyd aan sake vir eie gewin spandeer word!

Frederiks ·

Ek dink die meerderheid kabinetslede het dieselfde houding. Eie gewin, dit is wat vir hulle belangrik is.

Darty ·

Piet Pompies, jy moet maar eers kyk watter tipe “polisie beampte” dit is voor jy daai stellings maak!!!

Swanna ·

Piet ek stem saam met jou. Ek het al in baie winkels gesien, enige tyd van die dag ook in banke dan sluip hulle daar rond nie om die plek te patroleer nie maar om inkopies te doen. Dit is een van die redes hoekom daar nie mense beskikbaar is om misdaad te beveg nie wanneer jy een van hulle nodig het of daar nie ‘n voertuig is nie want dit staan geparkeer in die parkeer area van een of ander Mall of winkel kompleks.

M de Beer ·

Ek is ‘n Polisie reservis wat sonder betaling as Polisie beampte optree. Ek werk in dieselfde gevaarlike omstandighede as enige permanente Polisie beampte. Ek word ook uitgevloek, gedreig, met klippe bestook en op geskiet, maar ek doen hierdie werk omdat ek omgee vir my medemens, ongeag ras of kleur. Ek is trots op die uniform wat ek dra. Maar ek moet eerlikwaar sê dat ek my skaam soos sekere polisie beamptes deesdae tekere gaan. Daar is nog beamptes vir wie dit ‘n trots is om ‘n Polisieman/vrou te wees. Maar ongelukkig maak die vrot appels dat almal oor dieselfde kam geskeer word.

Berhalet Beukes ·

Dankie dat julle ‘n verskil maak en met trots doen wat julle doen!

Louise ·

Wat het van BEHOORLIKE opleiding geword.
Dis mos waaroor dit gaan, maar dis omdat as jy die regte kleur is het jy die werk ONGEAG die opleiding.
Maar as jy BAIE van die polisie sien, is hulle so oorgewig en TREERIG hulle kan nie eers opstaan nie.
wat nog van HARDLOOP agter iemand aan.
Ai maar weet jy dit maak mos nie saak nie.
Al wat in die land saak maak is INTERGRASIE.

Heinrich ·

Louise, ek stem saam dat opleiding ‘n rol speel, maar jy kan nie integriteit oplei nie. Dit is iets wat deel van die persoon se waardestelsel moes wees voordat die polisieopleiding begin het. Dit is ook ongelukkig iets wat nie van die topstrukture af ingedril word nie…

Zena ·

Dankie M vir die onbaatsugtige werk wat jy doen. Ons land nodig meer mense/polisie manne/vroue soos jy. En ja, daar is rerig diegene wat die werk vir eie gewin doen. Waar is die dae wat as jy n polisieman in uniform gesien het, jy die wereld se respek gehad het en hul eintlik bewonder het vir die tipe werk. Ek salueer al die polisie lede wat die mag se naam nog probeer hoog hou. Saluut!!

Henri ·

Ongelukkig is daar twee stelle beamptes, die wat die juk vat en trek, doelgerig en met trots. Ongelukkig word hul taak nie makliker gemaak deur die ander klomp nie, maar eerder gefrusteer. Die ander groep gebruik die geleentheid om hulleself te verryk uit die voorbeeld van heel bo. Duidelik bewys in die spesifieke geval. Naas die Regering bedrog bedrae kom die Dwelm-handel syfers seker ‘n goeie tweede. en is net so moeilik om uit te roei, agv lede soos die twee.
Die proses is wel bekend in Gauteng. Polisie wat helder oordag “protection money” afhaal by bekende “Drug-Houses”, in polisie en verkeers motors, “lords” laat weet van moontlike n”raids”. Waar handelsware wel gevind word, word dit gevat en by betaling van groot bedrae word die eienaar nie gearesteer nie en word die ware aan ander, wie “protection” betaal verkoop vir half-prys. Wens daar is iemand wat die dubbel mafia kan uitsorteer. Daar is definitief nie genoeg toegewyde Polisie oor nie, hulle staan teen ‘n te groot oormag kriminele

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.