Polisiebeamptes op borgtog vrygelaat ná gevangene ontsnap

Argieffoto

Argieffoto

Die twee polisiebeamptes wat in hegtenis geneem is nadat hulle glo ʼn gevangene by die Pienaar-polisiestasie in Mpumalanga help ontsnap het, is op borgtog vrygelaat.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het gesê ao. Mfembi Petrus Mashaba (53) en sers. Magigwane Amos Mathebula (55) het Donderdag in die Kanyamazane-landdroshof verskyn. Albei is op borgtog vrygelaat en hul saak is tot 10 Julie uitgestel.

Mohlala het gesê ʼn 21-jarige verdagte, Skhumbuzo Segage, is Woensdag in die polisiestasie se selle aangehou vir aanklagte van gewapende roof en besit van gesteelde goedere. “Segage was glo by ʼn reeks rooftogte betrokke waartydens hy mense se selfone gesteel het,” het Mohlala gesê. Die bevelvoerder het omstreeks 14:00 agtergekom dat Segage uit wettige aanhouding ontsnap het.

Lt.genl. Mark Dumisa Magadlela, provinsiale polisiekommissaris, het van die ontsnapping te hore gekom en dadelik ondersoek ingestel.

“Pienaar is een van die beste polisiestasies, met die beste geriewe in Mpumalanga. Lt.genl. Magadlela wou dus self sien hoe Segage dit reggekry het om te ontsnap. Hy het kort ná sy aankoms die twee beamptes in hegtenis geneem,” het Mohlala gesê.

Magadlela het beloof om “ongedissiplineerde” polisiebeamptes so te straf dat dit ander sal afskrik en bewys dat skandelike gedrag nie in polisiegeledere welkom is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

Mens kan net medelye hê met die polisie wat hul werk wil doen maar te doene het met misdadigers in eie geledere. Dit is dieselfde as om oorlog toe te gaan maar jy weet nie wie is aan jou kant.

petrus konya ·

Enige regdenkende mens kan sy eie gevolgtrekkig maak hoe dit gebeur het gewoondlik Eish was a mistake I’m so sorry daai. Per ongeluk !!!!! Kan dalk iemand se lewe kos n baie gevaarlke misdadiger is op vryevoet nou

Theresa ·

Julle stoute kabouters. Moet dit nie weer doen nie hoor julle! Ag my hel tog…………….!!!!!!!!

Swanna ·

Magadlela! Kom ons kyk of jy ‘n voorbeeld van hierdie twee gaan maak en by jou woord gaan hou soos jy dit aan die media voorle. Op die oomblik klink dit liewer na meer bek as binnegoed soos altyd. Want die feit is die twee is alreeds op bortog uit en nie eens geskors van hulle dienste nie of het die media vergeet om dit te noem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.