Polisiebeamptes op misdaadtoneel aangeval

(Argieffoto: Kent Williamson)

’n Polisiekonstabel van Mpumalanga veg tans om sy lewe in ’n hospitaal nadat hy en sy kollegas Sondagoggend op ’n misdaadtoneel naby Bosbokrand aangeval, geskiet en beroof is.

Die betrokke polisiebeamptes was saam met ’n lid van die brandweerdienste op ʼn beweerde moordtoneel op die R40 by Ga-Bereta waar ʼn motor met twee insittendes in die rivier beland het, toe vyf gewapende rowers op hulle toegesak het.

Die bestuurder van die motor is in die voorval dood en volgens polisie word ʼn moontlike moordsaak ondersoek.

Geen verdere besonderhede oor dié voorval is bekendgemaak nie en dit is nie duidelik of die voorvalle enigsins met mekaar verband hou nie.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het die rowers lukraak op die ondersoekbeamptes losgebrand en vuurwapens en koeëlvaste baadjies by hulle geëis.

Die rowers het ook die sleutels van die polisievoertuig gesteel.

Mohlala sê die rowers het te voet gevlug en dat ʼn reusesoektog na hulle nou van stapel gestuur is. Die polisie ondersoek tans sake van gewapende roof en poging tot moord.

Niemand anders is tydens die voorval beseer nie.

Enigiemand met inligting kan speurderkonst. Christoph Mashego by 060 912 0365 bel.

Lt.genl. Semakaleng Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval op die beamptes ten sterkste veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Cherokee ·

Erens in die berig word hulle rowers genoem, maar dan word hulle weer verdagtes. Nou verwonner die lesers of die rowers verdagtes is en of die verdagtes rowers is.

Harley Davidson ·

En die grap is die polisie vra dat die publiek moet help met die niksegende beskrywings kan dit donkies gewees het wat hulle beroof het.

Hennie ·

Dit gee jou ‘n idee hoeveel respek die ANC kiesers /rowers het vir die polisie… Niks!

Lourens CFG ·

Yô, nou raak dit erg. Hulle is glad nie meer bang vir die polisie nie.

Adriaan ·

Die rowers kan bly wees cele was nie daar nie! Hy sou hulle 1-2-3 van die strand af gejaag het!

Pietertjie ·

Lyk my die polisie het gewapende begeleiding nodig: hulle word selfs “op kantoor” aangeval en beroof.

Chris dupreez ·

Dit gebeur as jy n straatsmous n uniform gee en nou is hy n polisieman.

Sarel ·

Word die Polisie nie opgelei pm hulle self te verdedig nie?
Cele het die Mag afgebring na ‘n grap dn gevasr vir hulke self

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.