Polisiebeamptes, oudweermaglid aangekla oor FB-uitlatings

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema

Die burgerregte-organisasie AfriForum het strafregtelike klagte teen twee polisiebeamptes en ’n voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) ingedien.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê klagte van intimidasie en aanhitsing tot moord is aanhangig gemaak. Volgens Roets het die twee polisiebeamptes en voormalige weermaglid hulle tot sosiale media gewend om plaasaanvalle aan te hits en/of geweld teen boere en minderhede te verromantiseer.

Volgens Roets kan hierdie voorvalle as ’n vorm van aandadigheid deur die Suid-Afrikaanse regering beskou word en moet dit dringend die aandag van die polisie kry ten einde toe te sien dat die verantwoordelike persone vervolg word.

‘n Skermskoot

Mveleli Mogolwane Gwabeni, wat volgens sy Facebook-profiel ’n lid van die SAPD is, het op hierdie sosialemediaplatform gesê dat “ons moet voortgaan om meer van hulle boere dood te maak, om ten minste op te maak vir wat hulle aan ons gedoen het”.

Chris Gumotso, wat volgens sy Facebook-profiel by die SAPD se jeugmisdaadvoorkomingslessenaar werk, het die volgende op Facebook geplaas: “Alle wit mans verdien om te sterf in die toekoms. F*k jou mnr. wit man.”

‘n Skermskoot

Hy het ook foto’s van vuurwapens op sy polisielessenaar op sy profiel geplaas met dié aanhaling: “Ek voorspel burgeroorlog in Mzansi teen 2019. Haal uit julle gewere, vegters, want Asijiki (geen omdraaikans).”

Maj. Mageti Mohlala, voormalige lid van die SANW, is afgedank nadat hy gereageer het op Johan van Wyk se plasing op Facebook nadat sy pa, ds. Braam van Wyk (80), wreed aangeval is.

“Die aanvallers moes sy oë en tong uitgesteek het sodat die laaste gesigte wat hy ooit sou sien, dié van die moordenaars sou wees en hy na sy graf kon gaan met die nagmerrie,” het Mohlala geskryf. Hy het glo ook gesê: “Apartheid is in hom [Braam]. Al hierdie ou wit mense dink ons is onnosel as hulle sê hulle was teen apartheid gekant. Ons sal nie vergeet wat hulle gedoen het nie. Nou is dit die wit mense se beurt.”

Volgens Roets beskou hulle hierdie uitlatings in ’n baie ernstige lig en sal die organisasie die sake op die spits dryf.

“Ons is in besonder bekommerd oor die ooglopende dubbele standaarde wat toegepas word in die vervolging van persone wat rassisme pleeg of geweld of haat aanhits. AfriForum sal hierdie saak nougeset moniteer om seker te maak dat hierdie oortreders tot dieselfde omvang vervolg word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Jacques ·

Ja en dit is nou diegene wat ons moet beskerm ?? Ek reken ons moet beskerm word teen sulke lede . Dit wys net vir my dat hulle dink , hulle kan die posisie waarin hulle sit gebruik om te maak net wat hulle wil .

Boerseun ·

Dit is hoe 75% van SA voel. Sterkte vir die wat dink mooi praatjies gaan help. Gaan gee maar jou wapen in as jy wil. Jy moet onthou die polisie het nie n idee wat se wapens is wettig en wat nie want daar was nie n rekenaar stelsel voor die 90’s wat dit vir hulle maklik maak nie. Seker persone het al afgesterf en waar is die adress verandering data basis, hoe gaan hulle die wapens op spoor en met wat se manne krag? Hulle kan nie eers aan hulle eie wapens vashou nie.

Gerrit ·

Die Majoor is slegs afgedank en geen vervolging het plaasgevind nie.
Van hierdie sake sal ook niks kom nie.
Slegs weereens `n bewys watter tipe polisiediens ons het.

Boerseun ·

Dis ok, dit pas mmoi in by Afriforum en TLU se veldtogte in die buiteland.

Vraagteken ·

Hierdie tiepe ouens wat agter ‘n rekenaar sit is ‘cowards’. Hulle is sterk agter ‘n skerm, maar sodra jy hom direk in die oë kyk, dan hardloop hulle. Dit geld vir mense van alle rasse.

Vraag vi roli ·

rollie ek dog jy se dat swart rassiste word ook soos wit rassiste vervolg, maar hoekom was hierdie nie so vluks of hoegenaamd vervolg nie ten spyte van baie klagtes? Waarom moet daat tot hierdie stappe gegaan word?

Johan ·

Ek is nou nie Rollie nie, maar die antwoord is eenvoudig. Want die Gelykheidshof en MRK het twee standaarde – een vir blankes en een vir nie-blankes. Maar ek weet jy wag vir Rollie se antwoord.

Adam ·

Onthou ook daar is baie min Blankes in gemelde organisasies en besluite word deur ANC en EFF gesinde Swartmense geneem Beide van die instellings is uiters partydig teenoor hul regering

Albaster ·

@Peer, so waar het jy klagtes ingedien en hoekom het ek nie daarvan gehoor nie?

Kellies ·

Ek dink die een is reg. Kry julle wapens reg want daar gaan n burger oorlog wees.

Albaster ·

Korrek. Dit is wat die EFF se amptelike leier ons mee dreig in die openbaar.

jean ·

En wees verseker dis nie net die meneer wat so praat en dink nie….ons dinges teen ‘n orkaan. Vergeet van kamtige ubuntu…daar bestaan nie so-iets.

christa ·

ek ys as ek dink almal moet eendag voor die Regterstoel gaan belie van sy sondes. As ons nie kan vergewe nie, sal niemand die ewige lewe beerwe nie. Jy kan nie twee Here dien nie. Jy kan nie ‘n Christen en n moordadige mens wees nie.

Deon Koegelenberg ·

Christa weet jy van die vele kere wat God Israel beveel het om hul vyande uit te roei soveel so dat Hy hul opdrag gegee het om die sulke volkere met die banvloek te tref dws alles ja alles wat hul besit moet uitgeroei word . Mens moet nie net die bybel gebruik om jou standpunt te promifeer nie

GM ·

Hy besef nie dat, as al die boere uitgemoor word, daar nie kos op ‘sy mense’ se tafels gaan wees nie. O ja wag, die ministers sê mos mens sal dit kan kry by fruit&veg ens. Hoe dom van my!
So ‘n mooi land gaan ten gronde. Watse toekoms is daar vir ons en ons kinders hier?

Martie Visagie ·

Afriforum mag ons Drie-enige-Heilige God jul beskerm en vooruitgaan,dankie namens elke blanke persoon in SA

Michael ·

GM ek stem saam daar is nie eers n toekoms vir swart mense in hierdie land nie so deur mekaar is dit.

TDW ·

Ek is al ‘n tyd besig om die menings van mense op sekere nuus wat oor ras gaan op twitter te volg. Wat ek opmerk is dat laasjaar se swartmense se kommentare op twitter minder gewelddadig was as hierdie jaar se kommentare. Hierdie jaar se haat is tasbaar. Laasjaar sou ek sê was daar ±83% haat teenoor witmense, met 17% wat oor verdraagsaamheid praat, teenoor 2016 se ±76% se wit-haat en 24% verdraagsaamheid. Hierdie jaar is dit ±98% haat teenoor witmense en 2% wat oor verdraagsaamheid praat. Die verandering kan veral toegeskryf word aan die tipe opskrifte van nuusberigte soos “Afriforum says apartheid was not a crime against humanity” deur news24, ens.
Die gevoelens het vinnig gedraai en rassespanning is op sy hoogste as ek die kommentare in ag neem.

Beplan ·

Jip daar gaan ‘n Burgeroorlog kom.
Maak solank gereed en raak gewoond aan die gedagte.
Beplan vooruit.

CamoMalema ·

Burger oorlog is opad, as jy dit nie glo nie gaan kyk Malema op die nuus met sy beret en camo waar hy se n burger oorlog is opad en die wittes insluitend indiers is die vyand. Dit is n oorlogs verklaring of geld oorlogs verklarings net in die verlede.

Casper Labuschagne ·

Interessant, ek sê dikwels dat die instelling van onteiening sonder vergoeding op ‘n burgeroorlog sal uitloop. Maar ek voeg ook by dat vir daardie rede moet ‘n ander alternatief gevind word. Die punt is dat daar ‘n baie dun skeidslyn is tussen wat ek sê en wat hierdie persone kwytraak rakende wapens versamel.

Is dit haatspraak om te waarsku dat aangesien ‘n burgeroorlog kan uitbreek, jy eerder jouself moet bewapen? Nee hierdie sal eerder as waarskuwing vertolk kan word terwyl ‘n roep op bewapening om ‘n burgeroorlog te bedryf wel eerder haatspraak mag wees.

Is Malema se uitsprake dat dit nie nou die tyd is om witmense te vermoor nie maar dat dit vorentoe mag plaasvind, dalk haatspraak? Die effektiewe betekenis wat ek daaruit ontvang is dat Malema nie vandag my keel gaan afsny nie, maar miskien môre wel, en dit klink vir my net soos ‘n dreigement en dus mag dit haatspraak wees.

My probleem is dat die grense van haatspraak en aanhitsing baie vaag is. Soos ook rassisme en pornografie, is dit iets wat jy sal herken wanneer jy dit teëkom. Die probleem is egter dat die meerderheid dit dikwels nie as rassisme of haatspraak ervaar nie terwyl die minderheid dit wel doen en ook andersom, is daar ‘n dubbele standaard wat uitsluitlik afhang van die ras van wie ook al die die oordeel moet maak.

Francois ·

As dit nou ek was wat daardie dinge op Sosiale Media gese het sou hulle n saak by die polisie maak. Dit sou op die TV nuus gewees het.
Hierdie is n duidelike bewys vir die buiteland, veral die VK dat daar duidelik n plot is om Boere te vermoor en hulle plase af te vat.
Afriforum etc moet n groot storie hiervan maak in die buiteland asb.
Veral aangesien dit Weermag en polisiemanne is !!!
Die regering sal natuurlik probeer om dit weg te steek.

hendrik ·

Vraagteken, ongelukkig is dit so maar die’ ouens werk nie in vlakke nie.

Hendrik ·

Dankie Afriform! As Vicky Momberg tronk toe moet gaan, moet hierdie twee menere dubbel so lank gaan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.