Polisiebeamptes pleeg moord-selfmoord

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Twee polisiekonstabels van Noordwes is dood nadat die een glo die ander vermoor het en toe selfmoord gepleeg het.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê konst. Johannes Matladi (37) en sy vriendin, konst. Audrey Karele (31), is Dinsdag dood gevind in Matladi se huis in Dibate.

Volgens Ramaloko was Matladi Dinsdag aan diens. Hy het glo vinnig oor middagete kos by sy huis gaan haal. Kollegas het Ditlabi later die middag oor die polisieradio probeer roep, maar daar was geen antwoord nie.

Ramaloko het gesê Matladi se amptelike polisievoertuig is by sy huis gevind. “Kollegas het deur die huis se venster geloer en gesien Matladi lê op die vloer. Die span is na Seweding om spaarsleutels vir sy huis te kry. Die beamptes is terug na die toneel waar Matladi en Karele se liggame in ʼn plas bloed gevind is.”

Volgens Ramaloko dui die voorlopige ondersoek daarop dat een van die konstabels die ander geskiet het en toe selfmoord gepleeg het. Matladi en Karele het albei by die Mmabatho-polisiestasie gewerk.

Genl.maj. Lebeoana Tsumane, provinsiale polisiekommissaris, het sy hartseer oor die konstabels se dood uitgespreek. “Ons meegevoel aan Matladi en Karele se families. Ek is regtig hartseer oor die manier waarop hulle hul lewens verloor het.”
Die ondersoek na die voorval gaan voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hennie ·

Die mense raak mal, dan loop hulle met vuurwapens rond (om ons te beskerm!!!)

Lappop ·

Vere maak nie die voel nie. Dink aan die kalenders van jare gelede waarop fotos was van sjimpansees met verskillende beroeps-uniforms( bv dokter , verpleegster, werktuigkindige …)’n Uniform kan nie die draer wonderbaarlik iets maak wat dit nie is nie. Net so kan ‘n duur pak klere, ‘n sy-das, leerskoene en ‘n duitse motor nie ‘n land regeer nie. Al dra aap ‘n goue ring..

louisa van vliet ·

Want as gevolg van drugs wat saam aan publiek verkoop woord delf hulle hulle self so in die skuld met gelde wat uitstaande is, en dan op n dag word hulle gedreig om die geld uit hulle uit te kry, dan sit hulle met hulle hande in hul hare en kan nie die skuld afbetaal nie, dan gebeur dit dat hulle hul eie lewens vat. Ek dink dit was beplan om van die skuld af weg te kom. Daagliks sien ons hoe polisiemanne en vroue deel is van die komplot van drugs. En veral by polisie mense, daarom dat druggies vir n halfuur in die tronk sit nadat hulle gesteel het en net so vrygelaat word, want hoekom, die polisie manne se cut val weg as druggie in die tronk sit. Skuldige gewetes moet iewers begin intree. Ek nie rassisties nie, in alle nasies is daar van hulle wat dit doen.

Neil Schoombee ·

Dis sleg dat ons Polisie lede ook by dwelms betrokke is.

Andre ·

Herman/Suné

Wat gaan aan met julle App. Hy staan al stil van gister af. Ek is al moeg vir Telkom se spul afleggings.

Sune van Heerden ·

Dagsê Andre

Ons is bewus van die probleem op die app en die tegniese span werk so gou as moontlik aan ‘n oplossing!
Besoek gerus intussen die webwerf direk: http://maroelamedia.co.za om op hoogte te bly met die jongste nuus.

Dankie dat jy ons laat weet het!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.