Polisiebeamptes plunder glo saam tydens betoging

Die vermoedelik gesteelde selfone waarop daar beslag gelê is. Foto: SAPD

Twee polisiebeamptes is Sondagoggend in hegtenis geneem nadat hulle glo tydens ʼn diensleweringbetoging by Hartswater in die Noord-Kaap saam met betogers sakeondernemings in dié gebied geplunder het.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee beamptes, albei konstabels, was vanoggend aan diens toe hulle in hegtenis geneem is. Selfone wat vermoedelik tydens die plundering van die ondernemings gesteel is, is in hul besit gevind.

Volgens Tawana het lede van die gemeenskap tydens die betogings televisiestelle, elektriese toestelle, selfone en ander items uit winkels in Hartswater en Pampierstad gesteel. Die twee konstabels is na bewering opgemerk waar hulle saam met die skare aan die plundering deelneem.

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur en die ondersoekspan het inligting bekom wat tot die inhegtenisneming gelei het.

Die saak teen die twee konstabels, onderskeidelik 34 en 37 jaar oud, word deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek.

Volgens Tawana duur die ondersoek na die plundering voort en nog inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johann cb ·

En hulle is veronderstel om mens en eiendom te beskerm…ai tog!!!

Lana ·

Wonder of dié wonderlike “polisiemanne” ook aan diens was in Hartswater toe die een betoger glo deur ‘n boer raakgery is.

Hanna ·

Ons vermoed dit mos al lankal… Plaasmoorde het ook n element v polisie-kriminaliteit wat daaraan kleef. Maar nou ja, geloofwaardigheid voor kundigheid.

Johanna Botha ·

Vrot tot op die been ….Dis net n ” job” en nie n roeping nie ….PATETIES !

Reguit ·

Dis maar net die puntjie van die linkses se wonderbaarlike Azaniese Reënboog-ysberg…………

Oom Kalahari ·

Dit is nie ‘n eerste nie en gereelde gebeurtenis. Moenie waag om dit te wil rapporteer dan word jy gedreig met beserings op jou familie of jou huis mag net dalk per ongeluk brand.

Vermeendes ·

Soos die DA ondersteuners so graag se, as jy nie teen die probleem is nie dan is jy deel daarvan.
Linkse politiek en liberale siening is die probleem, die suur vrug van hierdie boom is die huidige SA.

Ongelukkig ·

Dit het tyd geraak dat die eerbare, hardwerkende SAPD lede ‘n siviele aksie loods teenoor die “kriminele” polisiebeamptes wat hul beroep in oneer bring. Ek is dankbaar teenoor elke eerlike, pligsgetroue lid van die SAPD wat elke oggend uit die bed opstaan en ‘n eerlike, harde (en gevaarlike) dag se werk gaan verrig, Ek salueer julle!

Le Roux Strydom ·

@Ongelukkig stem 100% saam met jou die veralgemening maak my siek !!

snoefie ·

wat jy saai sal jy maai ne. kyk hoe mooi vertoon die polisie en alle takke van die die verdedigingsmagte met hulle goeie aa beleid.

Sarel Strydom ·

Borgtog gaa.n weer toegestaan word teen miskien so R1000.00 elk!

Colleen ·

En hulle word seker geskors met volle salaris vir die volgende 15 jaar.

christa ·

did ons polisiemag aan wie ons ons lewens moet toevertrou. Hulle word mos nie gekeur soos die ou tyd nie, word voor die voet ingeneem vir werkskepping

Sarel ·

Dit is waarom polisielede nie eers met mekaar inligting kan deel nie, die wat nog probeer word in die wiele gery deur hul on eerlike kollegas .

Reguit ·

Mense soos “Ongelukkig” hierbo wat steeds “trots” is op wittes wat in die Azaniese Polisie werk het lankal tred verloor met die feite en die realiteite. Enige iemand wéét dat as jy vir die ‘escort agency’ op die hoek werk, dan word jy beskou as ‘n prostituut. Dieselfde reël geld as jy vir ‘n gemors of vuil organisasie werk – jy word beskou as “deel van die gemors” (deel van die probleem), of dat jy “daarvan hou om vir gemors te werk” – ter wille van die geldjies. So, moet dan nie ‘moan’ wanneer mense met reg sleg praat van die vrot organisasie waarvoor jy werk nie. Selfs al sou jy my 100 maal die salaris aanbied, sal ek nie in my lewe ooit vir die SAPD werk nie! Net so sal ek ook nie vir dieselfde hoeveelheid geld vir ‘n ‘escort agency’ werk nie. Nooit nie! Onthou dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.