Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê sers. Sithembo Moses Dlamini (54) en kapt. Saul Thulani Mdletshe is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle glo saamgesweer het om R100 000 te kry van ʼn verdagte wat van bedrog aangekla word.
“Daar word beweer dat die beamptes glo R10 000 omkoopgeld gekry het van dieselfde verdagte om te verseker dat hy op borgtog vrygelaat word.” Mulamu het gesê die verdagte se prokureur, Stephens Mangolela (46), het glo met die beamptes saamgesweer.
Volgens Mulamu het die Valke ʼn lokval gestel vir die beamptes en prokureur. “R50 000 is aan hulle aangebied terwyl die res van die geld in die prokureur se rekening inbetaal is. Die drie is dadelik in hegtenis geneem en het die naweek agter tralies deurgebring.”
Mulamu het gesê die verdagtes het Maandag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie, uitbuiting en regsverydeling. Die drie is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat en moet weer op 9 Junie in die hof verskyn.
Goed so, prokureurs en polisiemanne dink moshulle is ABOVE THE LAW< of soos hulle baie keer se WE ARE THE LAW . wel lyk of julle julle rieme nou styfgeloop het dan nie? Of gaan julle iemand kry wat daardie omkoopgeld aanvaar sodat julle weer kan loskom? Hou aan probeer, erens gaan iemand die aanbod aanvaar.
Maroela, regtig?
‘n Sersant en Kaptein is NIE, senior offisiere nie. Range van bo die as Majoor word as senior ge-ag
Shame!Soos so baie wittes(ek is ok wit)altyd nie n ID of naam het nie,maar wegkruip agter hul “militarisme”(kyk maar fotos en gesprek inhoudelike) weet hulle nie eers dat n konstabel in SAP meer magte oor beskik as Korporaal in die weermag.Polisie is in Strafproseswet(1977 soos gewysig) vredesbeamptes en vrederegters,terwyl net offisiere van die weermag vrederegters is ,en nie vredesbeamptes ,nie.Dis hoekom die voor 94 sekerheidsgemeenskap baie keer vergelyk word met Nazis