Polisiebeamptes steel glo op moordtoneel

Twee van die beamptes wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Twee van die beamptes wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Drie polisiebeamptes is Dinsdagoggend in Ocean View in Kaapstad in hegtenis geneem op aanklag van diefstal.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie beamptes, ʼn adjudant-offisier en twee konstabels, is met hul aankoms by die Ocean View-polisiestasie in hegtenis geneem. Hulle word van diefstal en regsverydeling aangekla.

Traut het gesê die drie beamptes was verlede maand op ʼn moordtoneel waar hulle glo dagga gesteel en dit later aan ʼn inwoner van Ocean View verkoop het. Die polisie het intussen beslag gelê op die dagga.

Die drie beamptes, onderskeidelik 33, 43 en 47 jaar oud, sal na verwagting Dinsdagmiddag in die Simonstad-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Ivan ·

Ai, ek is aangenaam verras om te verneem dat geregtigheid nog hier en daar geskied, maar is teleurgesteld om te lees dat daar mense betrokke is wat in gesags posisies behoort vertrou te word.

sproetjies ·

Nou wat nou? Bid jou aan. Die Polisie besteel die publiek instede van om ons te beskerm.
Dit klink vir my na ‘n riller. Sluit hulle toe en gooi die sleutels weg.

Theresa ·

Skandelik. Ek skaam my dood, maar ja dis nie in hulle gene nie. Nie eers respek vir ‘n moordtoneel nie. Urgh!!

Adri ·

Ja nee…….net n boete en Maandag moet hulle terug wees op die job.

Janine ·

Daar is waaragtig nie meer woorde nie! Wat ‘n skande! Ek gee nie om of dit ‘n rol toiletpapier was nie, dis was ‘n moordtoneel. Liewe genade!

charmaine ·

Dit is maklik vir ons om te oordeel. Ongelukkig het hierdie mense ‘n beroep gekies waar hulle, hulle kan blootstel aan korrupsie. Ons ken nie hulle omstandighede nie so ons kan nie vinger wys nie, behalwe vir die feit dat dit nie reg is om so op te tree nie, veral as jy ‘n gesags posisie beklee. Mense kyk op na jou en jy verloor hul vertroue wat jy nooit sal terug wen nie. Dit is karakter. So moet ons dan na die aksie kyk en nie die mens nie, want ons het almal al iets in ons lewe gedoen waarop ons nie trots is nie. Dit is net jammer dat sommige mense nie gou genoeg leer uit hulle foute nie.

Johan ·

Charmaine word wakker wat hulle doen is is skandelik ongeag hulle omstadighede mense soos jy moet by kom

Vryedenker ·

Wat het van beskerming, beveiliging en sien die gemeenskap geword? Waneer jy die beroep van ‘n polisieman wil volg, moet jy trots en integriteit he. Daar is nie verkonings van omstandighede en sulke twak nie. Charmaine, wat jy eintlik wil sê is dat dit ok is dat ek as polisieman jou rot en kaal besteel, dalk verkrag en simmer vermoor ook?

Shirley van der Westhuizen ·

Ongelukkig het hierdie mense die werk gevat nie as ‘n beroep nie maar ‘n inkomste Charmaine. Jare terug was dit nog ‘n beroep om in die Polisie te wees en jou medemens te help, vandag is dit net nog ‘n werk. Dit is ‘n jammerte dat ons so agteruit moes gaan.

Nico ·

Ongeag van die persoonlike omstandighede is die optrede verkeerd op soveel verskillende vlakke.
Die misdaadtoneel word verander en maak die ondersoek na die saak nog meer kompleks.
Dit is dwelms wat gesteel en weer verkoop word. As ‘n gerehabiliteerde dwelm slaaf is dit hoogverraad in my oe. Ek het al soveel polisie korupsie in die dwelm bedryf gesien en dit ondermyn ons land se toekoms dink ek…

Chris ·

Charmaine my pa was jare en jare in die Polisie. Hy het baie moordsake ondersoek en hy en sy span het nooit gesteel nie. Ons veroordeel nie ons praat maar net die waarheid. As ons almal nou skielik versoekings as ‘ n verskoning begin gebruik om te steel hoe gaan die wereld dan lyk

ladybug ·

Van almal weet hulle mos, “crime doesn’t pay” … hulle is nie die enigstes nie, hierdie is maar die oortjies van die seekoei …

Vryedenker ·

Maar kom ons regverdig kriminele polisie manne se diefstal, verkragting, vedrog en moord, ons het immers “The king of thieves” as president.

pop ·

Charmaine is jy waaragtig ernstig. Hulle steel eers en dan verkoop hulle dwelms. Staan jy dalk agter die deur saam met die tipe gespuis. Polisie was eens op n tyd hoog geag by die publiek< nou word hulle verag. Dis so hartseer dat die vrot deursypel na alle vlakke.

Theresa ·

Waar val jy nou uit die bus uit Charmaine. Goeie genugtig! Slaap jy 23 uur van die dag.

Mari ·

Nadat my seun homself geskiet het, het die polisie ons verhoed om by sy kamer in te gaan en het ‘n duur horlosie wat hy gemerk en aan een van sy beste vriende nagelaat het, gesteel. ‘n Saak wat ons teen hulle gemaak het, het net stilletjies doodgeloop. Hulle het geen respek vir enigiemand, enigiets of enige omstandighede nie!

Ben ·

meeste van die kommentaar is gemik om die slegtes nog slegter te se ipv die goeies krediet te gee vir die goeie werk wat gedoen word…. aijaijai, lyk my dis nou maar 1x ons SA mense se ” mindset ” . Kannie eers sien as iemand goeie werk doen nie

sias fourie ·

Ek moet hier vir die manne en vroue wat uitmuntende werk verrig uit die water staan, dit is so dat die slegte nuus soos die altyd baie goed verkoop, of dit nou in koerante of ander plekke voorkom en waar die Polisie goeie werk gedoen het is mos maar goeie nuus en omdat die soort van resultate ook verwag word, is dit dan nie meer nuus nie. Baie min sulke nuus word gepubliseer omdat mense nie daarin belangstel nie. Dit wek geen sensasies nie. Daar is nog baie goeie Polisiemanne en vrouens wat regtig baie goeie werk doen, dit is waar dat hulle getalle redelik baie minder is, maar hulle is daar.
Daar is ook duisende wat beter werksomstandighede gaan soek het, maar dis nie nou ter sprake nie. Lede word blootgestel aan hoe vlakke van versoekinge en van hulle val ongelukkig langs die pad, kom ons haal terselfdertyd ons hoed af vir die wat onder sulke haglike omstadighede goeie werk lewer. Wat van die mense wat hier die misdade gesien het en gehelp het om die verdagtes vas te trap. Ja, dit gaan slegter ook, maar dit sal help as ons almal briewe rig aan die mense in bevel en met idees na hulle toe kom om die soort van probleem hok te slaan eerder as om net kritiek te lewer. SElfs op ministeriele vlak glo ek kan daar baie verrig word en hou aan tot daar resultate daarvan kom.

Elfie ·

Ek het jarelank by ‘n plek gewerk waar nie goeie toesig oor die kontantkas was en iemand het wel gesteel en toe dit uiteindelikt e gereeld gebeur is iets daaraan gedoen en die persoon is uitgevang. Dit het egter nie gemaak dat EK lus was om te steel al was ek ook dan nou voor die versoeking geplaas. Dis ‘n geval van opvoeding sekerlik en ‘n gewete hê van wat reg en verkeerd is. Vir die klomp eerstens om by ‘n moordtoneel enigiets verkeerd te doen is walglik; om tweedens iets soos dagga wat grootskaalse gevolge het te steel en derdens om dit dan te verkoop – jammer, hierdie gaan ver verby om “voor veroeking” te swig! Hoe enigeen nou kan verskoning soek dat polisielede in die versoeking gestel is en dan sodanig opgetree het gaan my verstand te bowe! Verder is dit ook nie waar dat daar nooit eintlik berigte is oor goeie dade wat deur die polisie gedoen is nie- daar is gereeld sulke berigte in Maroela en dan reageer mense ook baie goed daarop!

Andrew van Vuuren ·

Baie dankie, SA Polisie, dat julle die oneerlikes gevang het en hulle vervolg. Ons is trots op ons goeie polisie en dankbaar dat julle die onvanpastes uit julle geledere probeer verwyder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.