Polisiebeamptes sterf in kettingbotsing

Die sedan se wrak. Foto: Verskaf

Twee polisiebeamptes is Dinsdag dood toe twee vragmotors en die sedan waarin die beamptes gery het in Mpumalanga gebots het.

Joseph Mabuza, die woordvoerder van Pat Ngomane, LUR van gemeenskapsveiligheid en sekuriteit in Mpumalanga, het gesê die botsing het vanmiddag op die R40 naby die Da Gamadam tussen Witrivier en Hazyview plaasgevind.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar noodpersoneel is tans op die toneel en stel ondersoek in,” het Mabuza gesê.

Ngomane het sy innige meegevoel met die vriende, familie en kollegas van die oorledenes betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Skokkend ·

Skokkend die slagting op ons paaie. Wat ek nou gaan sê maak ek nie van toepassing op hierdie berig: Vandag naby Vereeniging op die R59 het ek eers ‘n bakkie reg voor my op die regterbaan gekry wat die bestuurder ‘n bakleiery aan het met ‘n voertuig aan sy linkerkant. Terwyl hy beduie en hande en arms swaai beweeg hy oor van regs na links sodat die ‘slagoffer’ ook na links moet uitswaai. Gelukkig was daar 3 bane op hierdie stadium by ‘n afrit.Die regterbaan is toe oop en terwyl ek verbygaan is daar ‘n vragmotor voor hierdie bakkie en wil hy sommer oor voor my in. Gelukkig met 58 jaar se ondervinding sonder ‘n ongeluk kon ek ook hierdie een (ongeluk) vermy.
Skaars twee km. verder terwyl ek 120km/h ry in die regterbaan om by die pas van die verkeer te hou en nie in die linkerbaan vasgevang te word tussen vragmotors kom enetjie in die linkerbaan (links van my) verby en maak dit net-net om voor my in te druk. By Meyerton toe ry hy en die bakkie nog steeds voor my toe ek afdraai.
Dis ‘n algemene manier van ry want daar word gery vir plekke wat uiters belangrik is. Skaars wanneer hy by jou verby is dan draai hy na links af.

Natasha ·

Skokkend – Ek stem en dis omdat ons in’n wettelose land bly, jy mag ry en doen net wat jy wil. Die bestuurders van meeste van die voertuie op die pad voel ‘n veer vir enige persoon. Ons ry gereeld op die groot paaie en dis ongelooflik om te sien hoe karre mekaar verby vat al is daar aangekomende verkeer, die karre wat die reg het om te ry moet uitswaai vir die goed wat ry nes hulle wil. En die polisie en die verkeer doen niks omtrent dit nie, inteendeel hulle ry net so roekeloos doen presies dieselfde, van die verkeer beamptes wat op die pad ry en sien hoe roekeloos van die mense is, kyk ander pad en ry verder.

Clem ·

Dis net eenvoudig die absolute blatante verontagsaming van die gereg, lees anargie, wat tans aan die gang is in ons land!! Weereens onbekwame kaders wat in bestuursposisies aangestel word waar NET gefokus word op selfverryking in plaas van te fokus op werk en die uitvoering van sy/haar plig in ‘n trotse nuwe Suid-Afrika!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.