Polisiebeamptes tronk toe na hulle skape steel

Argieffoto

Argieffoto

Twee polisiebeamptes van Mpumalanga is tot tronkstraf gevonnis nadat hulle meer as 50 skape gesteel het.

Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee beamptes, ao. Selby Langa (49) en konst. Sizwe Mndebele (42), is tot agt jaar tronkstraf elk gevonnis in die Evander-streekhof nadat hulle aan veediefstal skuldig bevind is.

“Langa en Mndebele is positief verbind aan voorvalle waar 58 skape van die Goedgedacht-plaas naby Standerton gesteel is in Januarie 2011,” het Hlathi gesê. “Tydens die ondersoek is daar vasgestel dat die beamptes met verskeie geleenthede na die plaas is en ʼn staatsvoertuig gebruik het om die skape te steel. Hulle is ook positief verbind aan nog ʼn saak van veediefstal in Desember 2010. Mndebele is egter vrygespreek op dié aanklag.”

Langa sal ʼn bykomende vier jaar tronkstraf uitdien vir dié saak. “Die polisie se provinsiale bestuur verwelkom die vonnis aangesien dit moontlik as ʼn afskrikmiddel sal dien vir ander polisiebeamptes wat dit dalk oorweeg om by misdaad betrokke te raak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lance ·

Vrot tot op die been ….wat n damn skande ….en dis nou mense wat jou en my moet oppas …geen wonder dis so n gemors !

Anti DA ·

Ek wonder of dit Karoo skape was hulle is mos grond dom en dis ‘n verdomde skande dat die klong wat hulle moes oppas nie ‘sy wek beter gedoen het nie.

Ander Koos ·

Diefstal in 2011 gepleeg en nou eers in 2016 skuldig bevind. Waar was hulle al die tyd en het hulle salaris en voordele geniet?

KarooKlong ·

Al vind ons uit, wat kan ons daaraan doen?
Ons lagwekkende regstelsel maak meer voorsiening vir die krimineel.
Daarom is dit so ‘n florerende beroep.

Joann ·

Gaan maar al die jare so dit het net nie uitgekom nie. In 1994 het polisie al van ons mielies op plaas gesteel en niks het van dit gekom nie saak net dood geloop. Skande maar ek vertrou hul nie.

Jan ·

Nog nooit ‘n landros of staatsaanklaer met ‘n dyspierbesering gesien nie. Al wel ‘n hele paar met doppe en ‘n slymspoor gesien.

dee ·

Klomp gemors.Welkom in SA.Die mentaliteit sal nooit verander nie. Dit kan nie want daar is geen te bespeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.