Polisiebeamptes vas in Limpopo

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Twee polisiebeamptes van Polokwane is vir korrupsie in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo gesê.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 51-jarige adjudant-offisier is Dinsdagmiddag in hegtenis geneem terwyl die ander adjudant-offisier Woensdagoggend in hegtenis geneem is.

Die 51-jarige beampte het glo vroeër vanjaar ʼn man bedrieg wat sy kriminele rekord wou laat nagaan toe hy vir ʼn werk aansoek gedoen het. Die beampte het glo aan die man gesê ʼn gevangene het dieselfde identiteitsdokument as hy en dat hy R15 000 moet betaal om dit reg te stel. Die man het die bedrag betaal waarna die beampte glo vroeër die maand ʼn verdere R5 000 geëis het.

Mulaudzi het gesê die beampte en sy 48-jarige medepligtige is in hegtenis geneem nadat die man die geld aan hulle oorhandig het. Hulle sal na verwagting binnekort in die Seshego-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en regsverydeling.

ʼn 29-jarige polisiekonstabel verbonde aan die Polokwane-polisiestasie is intussen ook in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn vulstasie se winkel beroof het. Die beampte is in hegtenis geneem nadat ʼn saak van diefstal by die polisiestasie aanhangig gemaak is en die klaer die konstabel as die verdagte uitgewys het. Hy sal binnekort in die Polokwane-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

GIDEON NEL ·

Is daar nog waardige polisie beamptes oor in die mag. Dit wil voorkom of die polisie die nuusmaker van die jaar is. Korrupsie en diefstal wat deur hulle ondersoek moet word , word deur hulle self gepleeg.

Daar was ‘n artikel waar bevind is S.A het die beste Polisiemag in die wereld, Hulle is op die op die crimescene voordat die daad gepleeg is…

TJAART VENTER ·

Gidoen. EK is nou reeds 22 jaar in die SAPS. Wat hier bo in die artikel staan is n realiteit in die SAPS. Wat my as eerlike SAPS lid baie ongelukkig maak is, is dat hierdie mense die eerlike en getroue lede se naam sleg maak. Jy kan vir jou self dink dat ek my uniform met eer moet dra, maar loop jy in die straat word jy as krimineel aangesien net omdat jy die SAPS se uniform dra.

Delia ·

Tjaart, my hart gaan uit na die paar polisiemanne wat hulle werk deeglik en sonder korrupsie doen. Ongelukkig word hulle al minder namate hulle die diens verlaat en ander weivelde soek. Ek salueer die wat vasbyt en hulle werk deeglik doen!

Karen ·

My broer en oom was in die SAPS en my neef is nog steeds. Ek het nog altyd die wereldse respek vir SAPS lede gehad, maar moet erken ek is deesdae nogals bangerig vir die polisie…….hoe ironies!!

Ek weet daar is nog heelwat SAPS lede wat trots het in hulle werk, maar ongelukkig is hulle ook baie keer die mense wat oorgesien word vir bevordering. Ek het al van soveel onregverdighede gehoor wat binne in die SAPS plaasvind dat dit skoon hartseer is, maar duidelik ons realiteit is.

Ek dink die groot probleem is die verkeerde mense kry die mag en weet nie hoe om dit te hanteer of wat om daarmee te maak nie. Die groot ironie is dat SAPS is daar om die publiek te dien, maar soveel van hulle het ‘n houding en sal jou eerder skade aandoen voor hulle jou sal help…….en dis nogals jammer!!

tjaart venter ·

Karen. ek blameer geen likd van die publiek wat nie meer die SAPS vertrou nie. Ek in 1998 bevorder tot my huidige rang. Al is ek hoeveel keer gekortlys vir bevordering maar elke keer is ek oorgesien vir redes wat ons nie mag noem nie. Of die betrokke pos is net teruggetrek .

Riaan Slabbert ·

Tjaart, dia absolute doel van die anc is JUIS om julle wat eerlik en trots is, deur hierdie tipe oorsienings uit die mag te dryf, sodat kaders ontplooi kan word. Die doel van ENIGE polisiemag in die wereld is om die regering te beskerm teen die minderheid wat NIE met die regering tevrede is nie. Klou vas aan julle poste met als wat jul het, want sodra alle mense soos jy uit hulle pad uit is, kan ons maar sommer self ons liggies afsit.

Ena ·

Die hele land moet ly onder die beurtkrag en almal word die hele tyd gevra om sover moontlik toestelle, ligte ensovoorts af te skakel. Hoekom is Staatsdepartemente van vermelde vrygestel? In Polokwane brand al die ligte van geboue waarin Staatsdepartemente is 24/7.

lillian ·

Daar is polisiemanne wat hul gatte af werk om hul gemeenskappe veilig te hou en ‘n ordentlike diens te lewer, maar ja, die korruptes maak dit nie maklik nie.

Daar is te veel korrupsie en dit syfer maar van bo af deur na onder …

Meeste is elke geval daar vir die voordele en nie die passie vir die werk nie …

franklin ·

Wanneer die manne in blou in hoe range misdade pleeg sal sekere konstables presies dieselfde doen. Soos by Parow polisie stasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.