Polisiebeamptes vas ná hul 16-jarige glo lewend aan die brand steek

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiekommissaris van die Vrystaat, het die “barbaarse optrede” van twee polisiebeamptes ten sterkte veroordeel ná hulle glo ʼn diefstalverdagte lewend aan die brand gesteek het.

Twee lede van Kroonstad se misdaadintelligensie-eenheid is Sondagaand in hegtenis geneem vir die beweerde ontvoering en poging tot moord van vier hawelose seuns.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee konstabels, onderskeidelik 25 en 30 jaar oud, is tussen die vyf verdagtes wat vir die ontvoering en poging tot moord van Sello Chabatsane (16) en drie ander seuns aangekla word.

Daar word beweer dat een van die mans sy beursie verloor het ná hy geld getrek het in Kroonstad en dit toe op die vier hawelose seuns wat in die omgewing was blameer het.

“Die twee lede wat nie aan diens was nie, het die seuns in ʼn minibus gelaai waar die drie ander mans was en hulle aangerand terwyl hulle na ʼn vulstasie gery het om brandstof te koop.”

Die bestuurder het toe na die R76 tussen Kroonstad en Steynsrus gery. Chabatsane is toe glo uit die taxi gehaal en deur die mans aan die brand gesteek. “Steeds in vlamme gehul kon hy daarin slaag om weg te hardloop tot by die naaste polisiestasie en het die saak aangemeld.”

Hy het ʼn beskrywing van die voertuig vir die Kroonstad-polisie gegee en dit is later by ʼn taverne in die Gelukwaarts-nedersetting aangetref waar al die verdagtes vasgetrek is. Die houer met die brandstof is ook binne die taxi aangetref.

Die verdagtes kon nie sê waar die ander drie seuns was nie.

ʼn Saak van poging tot moord is aanhangig gemaak en die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (OPOD) is gekontak om die saak verder te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ekke ·

No problemo vra vir malema om die saak op te los die hele land in mos vir hom bang as hy sê dan wil almal weet hoe hoog

Kaufman ·

Malema sê kaapstad lughawe se naam moet verander dan spring die ANC dadelik aan die werk om sy opdragte uit te voer. Ciryl die swakkeling.

Leon ·

En as daar nou enigsins ‘n ander ras, by betrokke was, wil ek nie eens dink aan die blootstelling nie!!!!

christa ·

die polisie bly maar so korrup soos die ANC. Hulle word mos nie gekeur nie

Wonder nou... ·

Baie interessant. As daar 2 verskillende rasse betrokke was, was die land in rep en roer. Maar nou is dit voël (ras) van eenderse vere. Gaan ons weer enigsins iets hoor hiervan? Of gaan dit soos n boot in die nag net verby vaar??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.