Polisiebeamptes vas ná hul glo omkoopgeld eis

Die drie polisiebeamptes tydens hul hofverskyning. (Foto: Valke)

Drie polisiebeamptes het Maandag in ʼn hof in Mpumalanga verskyn nadat hulle glo omkoopgeld geëis het van ʼn man wat vir verkragting ondersoek word.

Sers. Bonisile Daphney Mjali (45), sers. Xolani Howard Nxumalo (37) en konst. Thulisile Patricia Mkhatshwa (35) het in die Kabokweni-landdroshof buite Nelspruit verskyn op aanklagte van korrupsie en is op borgtog van R3 000 elk vrygelaat.

Die drie beamptes, almal verbonde aan die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, word daarvan beskuldig dat hulle R25 000 van ʼn verkragtingbeskuldigde geëis het.

Die beamptes het die beskuldigde glo gebel en meegedeel dat ʼn saak teen hom ondersoek word. Hulle het geëis dat hy die bedrag moet betaal ten einde nie in hegtenis geneem te word nie en die saak te laat verdwyn.

Een van die beamptes het glo selfs na die verdagte se werkplek gery en op die geld aangedring. Die beskuldigde het glo gesê hy het nie R25 000 nie, maar kan wel R5 000 in kontant gee.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê die beamptes wou egter minstens R15 000 hê en het aangehou om druk op die beskuldigde uit te oefen vir die geld waarna hy die saak by die Valke aangemeld het.

ʼn Spesiale operasie is van stapel gestuur om die beamptes op heter daad te betrap, maar die beamptes het deurentyd die samekoms met die beskuldigde uitgestel. Lasbriewe is egter bekom en die beamptes is by hul werkplek in hegtenis geneem.

Die saak teen die beamptes is na ʼn hof in Nelspruit oorgeplaas en die beamptes moet weer op 6 Julie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Anoniem ·

Lae gemene………… Dan is dit nou mense wat veronderstel is om ander te beveilig en wettoepassing toe te pas. Waar in jou lewe kan jy polisiebeamptes vertrou of respekteer.

Debby ·

Jy kan nie het ook n saak januarie aangegee by hulle, toe die covic strike toe word ek gebel en gese die leer gaan stoor toe hulle het nie tyd om die oortreder te soek nie!!! As ek hom kry moet ek hulle maar laat weet

Sêmanet ·

R25000-00 is nie my werk werd nie. Hoe stupid kan mense wees? Wat as dit hul eie kind was wat die slagoffer was?

OW ·

Hierdie mense het ‘n honger na geld wat ons nie verstaan nie.So tyd gelede het ‘n transito roof waar die note letterlik in die lug gestrooi is,waar die omstanders agter die geld aangehardloop en gegryp het.

David ·

‘n Mens wonder hoeveel verkragters, molesteerders en vroueslaners is op vrye voet as gevolg van hierdie soort korrupsie?

Cherokee ·

En twee van hulle is vrouens wat blykbaar ‘n ander vrou, die klaarblyklike slagoffer, verraai.

Misky ·

Geen respek en trots vir hulle beroep nie. En dit is net die wat uitgevang word, hoeveel honderde van die tipe gevalle word nie eens aangemeld of ondersoek nie. Skokkend, sies!!!!

Di ·

Sies man!!!! Ek skaam my vir hierdie korrupte polisielede wat orals opduik. Hoop julle word uit die mag onstlaan, julle soort hoort nie in die polisiemag nie.

Elize ·

Hoe laag kan jy daal? Ontslaan die kriminele onmiddelik uit die polisiediens. Sulkes het die land nie nodig.

jzjz05 ·

Elsie: net jammer die ANC is te bang en vat te lank om eenigsins n besluit te neem om teen die gene optetree wat nog van ontslaan,teen die besluit geneem word het hulle nog n klomp kwaat gesaai.

jzjz05 ·

AS gevolg van die ANC beleid van BEE en SEB sit ons met die onkruit in die polisie wat eerlike en opregte polisiemanne se naam so deur die modder sleep wat maak dat die publiek gladnie meer die polisie wil vertrou nie.

Persheks Adri ·

Shame on you!!! Dis nou mense wat ons moet beskerm pffft. Kom Cele wat sê jy van jou mense? Ek hoop jy laat sak jou kop in skaamte! O nee wag ek droom weer….

LANA is ELANè ·

Ondersoek seker met volle betaling tot die saak afgehandel is? Misdaad betaal mos goed in SA, maak net seker jy word nie uitgevang nie.

Johann ·

Die geskrewe wet is niks anders as ‘n beslommernis in party kulture nie. Altyd in die pad van blink goetertjies koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.