Polisiebeamptes vas ná hulle glo taxibestuurder met vuurwapen dreig

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Twee polisiebeamptes is in Bloemfontein in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn taxibestuurder met ʼn vuurwapen gedreig en kontant gesteel het.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee konstabels, een van Parkweg en die ander van Bloemspruit, is Vrydagaand in hegtenis geneem.

“Die twee konstabels het glo omstreeks 21:30 by Mangaung informele nedersetting in ʼn taxi geklim op pad na Windmill Casino,” het Marope gesê. “Toe hulle by hul bestemming aankom, het die twee glo van plan verander en die bestuurder versoek om hulle in Bloemfontein se middestad af te laai.”

Die bestuurder en twee polisiebeamptes het glo op pad begin stry nadat die taxi nog ʼn passasier opgelaai het wat eers in Willows afgelaai moes word. Tydens die argument het een van die konstabels sy vuurwapen te voorskyn gebring en dit op die bestuurder gerig. “Die taxibestuurder het stilgehou en uitgespring en om hulp geskree,” het Marope bygevoeg. “ʼn Verbyganger het ook stilgehou en die taxibestuurder gehelp deur die polisie te ontbied. Polisiebeamptes was in die gebied op patrollie en het hulle na die toneel gehaas waar hulle die twee konstabels in hegtenis geneem het.”

Die taxibestuurder voer aan die twee konstabels het ook ʼn onbekende bedrag kontant gesteel wat in die voertuig was en hulle het glo ook gepoog om met sy voertuig weg te ry.

Die twee konstabels, onderskeidelik 31 en 32 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van die rig van ʼn vuurwapen, diefstal van kontant en poging om ʼn motorvoertuig te steel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

J.Z ·

Wonder die ander rowe met polisie klere aan,is dit nie ook maar lede nie.????.

Winston ·

Ja die edele Zuma leer die bevolking pragtig. Wat soek daardie soort element in die SAPS? HULLE HOORT IN DIE TRONK UITGEREIK MET N PIK EN GRAAF OM ESKOM LYNE DIEP GENOEG TE BEGRAWE. POLISIE VOERTUIE TE WAS. RIOOLERING SLOTE IN “VOORAF BENADEELDE” GEMEENSKAPPE TE GRAWE, EN NOG N LAAAAANG LYS…….TE HEL MET MENSE REGTE VIR KRIMINELE

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

They should all be criminally charged for armed robbery and related counts and be pemanently discharged from the SAPS, after a departmental hearing. And, if found guilty be imprisoned and spend their time in jail.

John ·

Sommige van hierdie perre dink en reageer asof hulle ver bo die wet verhewe is. Seker die voorbeeld wat hulle van hul leiers kry.

Theresa ·

Die SAPD lede se koppe hak nou almal uit. Bitter gevaarlike situasie………………..

Ben ·

Ek wonder soms of die getal “ordentlike” polisiemanne 10% oorskry? SA verval daagliks net dieper in ‘n bodemlose put van arrogansie en misdaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.