Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ses gewapende mans het ʼn vragmotor, wat diesel vervoer het, in Rossburg gekaap. Die bestuurder van die vragmotor is in ʼn ander motor se kattebak gedwing en later naby Umbumbulu afgelaai. Volgens Zwane is die vragmotor die volgende dag gevind.
Zwane het gesê drie polisiebeamptes van die Brighton Beach-polisie is intussen deur hul kollegas in hegtenis geneem in verband met die voorval. “Hulle word ook verbind aan ander vragmotorkapings in Februarie.”
Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het gesê nog inhegtenisnemings word verwag.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
Nou ja wat kan ons nog se elke dag hoor jy so iets sies sa vir sulke gemors
En dis die SAPD wat ONS moet vertrou?Grappie!!Ek en my man vertrou NET polisie beamptes wat ons persoonlik ken en geen ander nie.
Die wet maak nie voorsiening vir ekstra straf bo en behalwe die normale vir geregsdienaars wat hul vertrouens posisies misbruik nie.Dis baie jammer.
Mens kan nie meer die polisie vertrou wat veronderstel is om die publiek te beskerm nie. Ons moet bid dat mense in Suid Afrika weer sal terugkeer na God!
Die vraag moet gevra word hoekom en waarom is so baie polisiemanne betrokke by misdaad is dit oor hulle karige salarisse of moet strenger keuring gedoen word glo my dit het ook voor 94 voorgekom net nie so bekend gemaak soos nou nie.
Ekskuus vir die spelfout; moet wees “polisieman”.