Polisiebeamptes vas na kaping

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Drie polisiebeamptes is in hegtenis geneem in verband met ʼn gewelddadige kaping vroeër vandeesmaand in KwaZulu-Natal.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ses gewapende mans het ʼn vragmotor, wat diesel vervoer het, in Rossburg gekaap. Die bestuurder van die vragmotor is in ʼn ander motor se kattebak gedwing en later naby Umbumbulu afgelaai. Volgens Zwane is die vragmotor die volgende dag gevind.

Zwane het gesê drie polisiebeamptes van die Brighton Beach-polisie is intussen deur hul kollegas in hegtenis geneem in verband met die voorval. “Hulle word ook verbind aan ander vragmotorkapings in Februarie.”

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het gesê nog inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Irene ·

Nou ja wat kan ons nog se elke dag hoor jy so iets sies sa vir sulke gemors

Tiger ·

En dis die SAPD wat ONS moet vertrou?Grappie!!Ek en my man vertrou NET polisie beamptes wat ons persoonlik ken en geen ander nie.
Die wet maak nie voorsiening vir ekstra straf bo en behalwe die normale vir geregsdienaars wat hul vertrouens posisies misbruik nie.Dis baie jammer.

Andre ·

Mens kan nie meer die polisie vertrou wat veronderstel is om die publiek te beskerm nie. Ons moet bid dat mense in Suid Afrika weer sal terugkeer na God!

Grap ·

Die vraag moet gevra word hoekom en waarom is so baie polisiemanne betrokke by misdaad is dit oor hulle karige salarisse of moet strenger keuring gedoen word glo my dit het ook voor 94 voorgekom net nie so bekend gemaak soos nou nie.

Ernstig ·

Grap, bog, twak en onsin. Voor 94 was die SAP professioneel en doeltreffend. In die uiters seldsame gevalle waar oneerlikheid voorgekom het, is dit vinnig end doeltreffend vasgevat. Jy het nooit gewonder of jy ‘n poliesieman kan vertrou nie.

Max ·

Geen geld sal dit kan voorkom nie. Integriteit is nie te koop nie.

Sarel Strydom ·

Is dit onprfesionele keuring of wat ? Die persoon of persone wat hierdie tipe Poliesmanne aangstel het, moet verantwoording doen? Daar is hoeveel Polisielede wat werklik hulle werk doen maar hierdie ouens maak hulle naam gat.

Lance ·

Baie beamtes het dan self rekords ….so wat kan mens verwag ….ons word opgepas deur die grootste skelms

jonty ·

ja alles is i grap.die hele land en regering na 1994 is i grap

willie ·

Die mees ongerespekteerde beroep tans in SA… Die vertroubares is min gesaai…

NEL ·

Soe maar julle kan die polisie aanval. Statistieke het bewys dat S.A.P die beste in die wereld is. hulle is op die misdaad toneel voordat die misdaad gepleeg word. Bravo aan die manne wat nog hulle beroep met trots uitoefen maar hulle raak min deesdae.

Tinktinkie ·

Nel, kan jy asb sê waar ek d statestiek kan kry!!! Dit moet voorbladnuus word!! En jy weet seker ook dat statestiek interpreteerbaar is??

Nico ·

Daar is goeie polisiemanne ook maar ongelukkig in die minderheid dit sal nie end kry nie nie terwyl hulle baas nog rondloop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.