Polisiebeamptes vas ná mislukte ‘trokkaping’

Argieffoto

Argieffoto

Twee polisiebeamptes is Woensdag in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hulle na bewering betrokke was in ʼn mislukte poging om ʼn vragmotor vol televisiestelle te kaap.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê ʼn veiligheidswag het die vragmotor in ʼn ampsvoertuig vergesel toe die voertuie omstreeks 09:00 op die M1-suid van die pad af getrek is deur ʼn voertuig met blou ligte.

“Drie verdagtes het die veiligheidsbeampte oorval en ʼn skietery het ontstaan. Een van die verdagtes is in die bolyf geskiet en gewond, waarna die ander twee te voet gevlug het,” het Dlamini gesê.

Die verdagte wat geskiet is, het ʼn amptelike koeëlvaste baadjie van die polisie aangehad, maar is nie ʼn polisiebeampte nie. Daar is verskeie selfone in sy besit gevind. Hy is in hegtenis geneem en onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Die veiligheidsbeampte is ongedeerd.

“Die beamptes van die Katlehong-polisie se taktiesereaksie-eenheid beweer hulle het kort ná die skietery in ʼn polisievoertuig op die toneel gestop. Hul teenwoordigheid was verdag. Hulle is later ondervra en hul voertuig deursoek, waarna ʼn ongelisensieerde vuurwapen daarin gevind is.”

Die twee beamptes is in hegtenis geneem op ʼn aanvanklike aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. “In dié stadium word daar steeds ondersoek ingestel of hulle deel was van die drie verdagtes wat die veiligheidswag aangeval het,” het hy gesê.

Die verdagtes wat weggehardloop het, is steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

wilma ·

N klad op polisie se naam wie kan j nou vertrou. Net glo en vertrou op onse GOD

Sarie ·

Dis jammer. Diè wat sò optree is die minderheid; maar hùl optrede het weereens ons wantroue inni polisiemag versterk… Èk raak behoorlik benoud wanneer ek op ‘n “stil” pad, deur ‘n polisievoertuig gestop word… Weet nie of ek moet probeer wegjaag, of stop nie!!! Èk is gewoonlik alleen & kan myself nie verdedig, òf behoorlik loop nie…

MM ·

Die opskrif van die berig maak nie sin as jy die laate 2 de laaste paragraaf lees nie.
Hulle is vas oor die ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie ?????????
Vra maar net. Hulle weet NOG NIE of hulle betrokke was nie.

DPJ ·

Dit wys jou elke beampte se agtergrond moet behoorlik ondersoek word.
In my tyd moes elke persoon elke 5 jaar veiligheid klaaring kry om sy/haar betoebaarheeid te bepaal. Nou stel hulle elke janrap en maats aan.

M ·

Dit word ma net weer bewys hoeveel kriminele in die polisie is. Moet nie vir een oomblik dink jy kan hierdie mense vertrou nie. Die bietjie was nog ernstig is oor hulle werk is maar bitter min. Die polisie se naam word deur die modder gesleep met mense soos hierdie.

Se-net ·

Suid-Afrika het die beste polisiemag in die wêreld. In die meeste gevalle is hulle reeds op die toneel terwyl die misdaad gepleeg word.

stem saam ·

Dit is die waarheid! Hulle is nog voor die kriminele op die toneel

NEL ·

Werk vir ‘n groot vervoer maaatskappy. My drywer het opdrag om nie na sononder te stop vir verkeer of die polisie nie, maar dat hy sal aanry tot naaste polisie stasie. In geval van waar hy gedwing word wat ook in die meeste gevalle is, gaan die rower twede kom. My drywer sal verseker skade doen aan voertuig of voertuie en die gevolge kan ernstig wees as dit nie dood is nie. Kan nie meer toe kyk hoe korrupte polisie en verkeers mense ons transporter skade berokken nie.

Sam ·

NEL, ek is ook ‘n vragmotor bestuurder. Ek sal OOR sulke karre ry en myself ook met ‘n wapen verdedig . Maak seker dat jou vragmotor deure ekstra staal aan die binnekant het om dit meer koeël bestand te verkry. Jou vrag motor bestuurder het al sy dae om sy vrag suksesvol sonder ongelukke by die eind bestemming te verkry ,maar dis ERG as hulle nou nog moet WORRY oor hulle lewendig daar gaan uitkom. Baie sterkte. In NZ bestuur ek heerlik saans my trok en trailer en as ek by die deppo stop, dis nie eers omhein nie, sluit ek slot oop waar die sleutel in die houer langs die slot met kode geberg word. PS as vrou voel ek BAIE veilig om net uit te klim en aan te gaan met die vurkhyser. Ek bid vir julle. ” I LOVE NZ police” hulle trek mens af om te kyk of jou vrag reg vasgestrop is, of jou vragmotor oorlaai is en of jou logbook korrek ingevul is. En hulle is altyd vriendelik.

Ben Prinsloo. ·

Se-net: 10 uit 10. Dit kon nie beter gestel gewees het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.