Polisiebeamptes vas na verdagte ontsnap

Argieffoto

Argieffoto

Twee polisiebeamptes van Johannesburg verskyn Vrydag in die Protea-landdroshof nadat hulle glo ʼn verdagte bygestaan het om uit polisie-aanhouding te ontsnap.

Ao. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het gesê die twee hofordonnanse is Donderdag in hegtenis geneem nadat die verdagte uit aanhouding by die Protea-landdroshof ontsnap het, waar hy op ʼn aanklag van ontvoering moes verskyn.

Die verdagte wat ontsnap het is in hegtenis geneem nadat ʼn 12-jarige seun sowat twee weke gelede in Lenasia ontvoer is. Hy het glo ʼn losprys van die seun se ouers geëis.

Die beamptes is onderskeidelik 46 en 48 jaar oud.

Makhubela het aan Maroela Media gesê die verdagte is steeds soek. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Francois ·

Een van die dae is die tronke meer vol Polisie beamptes , Metro Polisie en bewaarders as die skelms self.

Francois ·

Een van die dae is daar meer Polisie beamptes , Metro Polisie en bewaarders in die tronk as die skelms self. Dis ‘n totale sirkus!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.