Polisiebeamptes vas oor G4S-rooftog

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Twee van die vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn rooftog by die sekerheidsmaatskappy G4S se tak in Kimberley is polisiebeamptes.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê die rooftog het omstreeks 19:00 op 6 Mei plaasgevind toe drie gewapende mans toegang tot G4S se perseel gekry het. “Hulle het ʼn veiligheidswag vasgebind en met ʼn dienspistool en kontant gevlug.”

Volgens Nkwalase het die Valke se ondersoek hulle gelei na ʼn perseel wat aan sers. Samuel Jantjies (45) en sy broer Densel Deon Jantjies (35) behoort. “Van die kontant is by verskeie persele wat met die Jantjies-broers verbind word gevind en hulle is in hegtenis geneem.” Volgens Nkwalase is daar op sowat R1,4 miljoen beslag gelê.

Nkwalase het gesê na verdere ondersoek is konst. Hendrik Daniels (35), Jennifer Claasen (46) en Jean Pierre Wolfaard (26) in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by die voorval. “Al vyf verdagtes is tussen 20 en 22 Julie in hegtenis geneem. Albei polisiebeamptes is verbonde aan die taktiese reaksie-eenheid in Kimberley.

Konst. Daniels het Maandag in die Kimberley-landdroshof verskyn terwyl die ander verdagtes reeds Vrydag verskyn het. Al vyf verdagtes sal na verwagting weer Donderdag in die hof verskyn wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Carel ·

Weereens polisiemanne, hoe op aarde kan die mense vertrou word?

Frikkie Du Toit ·

Daar is SAPD wat waaragtig hulle werk sal doen,nie alle SAPD lede is korup nie.

Koos1 ·

Dankie Frikkie vir die waarheid.
Carel, se my gou, is alle prokureurs skelm oordat daar baie is wat skelm goed gedoen het? Wees asb baie versigtig vir veralgemeening! Daar is hope SAPS lede wat hulle gatte af werk om jou en jou familie te beskerm. Se eerder dankie vir hulle en ook die feit dat hulle nie skroom om, soos hier, teen hulle eie kollegas op te tree nie!

Joann ·

Ek stem saam daar is goeies van hulle maar dit is n druppel in die emmer.

Duan ·

How wéét jy dit Joann? Jy sê dit met soveel oortuiging? Het jy binne-kennis? Het jy getalle, of is hierdie ‘n braaivleisvuur oortuiging?

piet ·

Frikkie ,wens ek kan jou glo,maar in die noord kaap dink ek nie is daar een nie

Grap ·

Hier is nou weer ‘n geval van die polisie wat misdaad moet bekamp en nou is hulle besig om misdaad te pleeg en die klein persentasie polisie wat wel hulle werk doen maak eintlik geen verskil aan die groeiende misdaad nie en ons moet die kostes dra.

Scalla ·

Dankie aan die lede wat n positiewe bydrae lewer maar ongelukkig maak een slegte appel die kissie vrot, goeie advertensie vir die buiteland, slegs in afrika en trots daarop.

Jan maak n Plan ·

Stem volkome saam met jou Scalla. Dis hoog tyd dat die SAPD hulle vrot appels uitwerk.

KarooKlong ·

Waar sit die wind se skakelaar? Dis effens koel hier by ons vanoggend.

SE NET ·

Sien dis die wat n mens beskerm wat die grootste skelms is, dis net soos n kind wat deur sy/haar eie ma dood gemaak word die wat jou moet beskerm maak die grootste seer. nee waragtig wat gaan aan deesdae met die mensdom ons is on eie grootste vyhand.

Pootseer ·

Ontbind die SAP en laat almal weer aansoek doen vir aanstelling-doen dan ‘n deeglike sekerheids-ondersoek op elke kandidaat voor aanstelling-daarna, ontslaan elkeen wat die geringste vorm van korrupsie toon! Hoe anders gaan mens die mag gesuiwer kry van al hierdie kriminele?

Marius ·

Wat snaaks is ,baie se daar nie baie wat so is nie maar hoekom dan maak hulle ook nie n verskil in die diens nie om hulle mede kollegas vas te vat interne .Eerste instansie moet jy nie iemand aanstel wat kriminele rekord het nie ,dit was no 1 vereiste ook as jy aangestel sou word as SAPS Lid en as lid wel een nou het met die joke van BEE en wet ,moet daai persoon geen wapen he en moet eerder in n kantoor sit of aanklag kantoor .

Chantal ·

Let wel… NIE alle polisiebeamptes is korrup nie, my broer hulle het n padblokade gehou n mnr het deur gejaag waarna hulle hom agter na gesit het, bystand het gekom en hul kon hom van die pad af druk, hyt begin op hulle skiet, so het hulle terug geskiet, mnr is toe 2 keer raak geskiet… die uit einde van die saak, 4 polisie beamptes word nou aan gekla vir poging tot moord en sit nou by die huis tot ondersoek afgehandel is.. en mnr word ook verbind met transito rowe en bedrog…. nou wat nou..

Carel ·

Dis waar Frikkie du Toit, Koos 1, dat veralgemenings nie goed is nie. Die probleem is dat ons gedurig hoor en lees van korrupte polisiemanne, in so ‘n mate dat dit afmetings aanneem. Wanneer ons polisie nodig het vir ‘n saak, hoe op aarde moet ons weet waar om te onderskei? Moontlik lê die probleem by die boonste vlak van die polisie struktuur, reguit gestel die bestuur is vrot veral as jy inag neem hoeveel polisie kommissarisse het al die trekpas gekry na die sogenaamde demokrasie aan bewind gekom het. Lees maar ander se kommentaar hierbo en bepaal self wat is die algemene vertroue in die polisie, dit gaan nie oor hoorsê nie maar oor ondervinding met polisie. So jammer vir die eerlikes, hulle sal altyd daar wees om goeie werk te lewer maar is ver in die minderheid.

riaan.mathewson ·

Ek was in bevel op daai oomblik van die base.Mense saam wie ek gewerk het asook polisie beamtes is nou verdagtes.Ek het betrokkenheid by roof.Ek is gevloek geskel , daar vir my gese ek is die slegste witmens opaarde en is ook aangerand. Ek sit nou by huis met 3 kinders soek werk en verder sorg my ma vir ons.My hele lewe verander kan nie eers ordentlik eet of slaap en ja pille ook af en toe gebruik vir al die stress waardeur ek is.Ek hoop rerig valke vang elke liewe persoon wat betrokke is ek wat onskuldig is sit nou ook sonder werk.En ja daai base se sekuriteit stelsels was nie eers alles in werking nie.Ek meer as eenkeer gese as die regte mense daar buite weet wat hier aangaan roof hul ons my woorde nog nie eers toe is dit so.Nou is alles nuut daar ingesit en ek kan gelukkig wees ek nog my lewe het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.