Polisiebeamptes vas oor korrupsie

(Foto: SA Polisie)

Drie polisiebeamptes is in Durban in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie ná hulle glo omkoopgeld van ʼn taxibestuurder wou bekom.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die drie polisiebeamptes, onderskeidelik 31, 39 en 50 jaar oud, het Donderdag in die Durban-landdroshof verskyn. “Hulle is vrygelaat op borgtog van R1 000 elk. Die saak is tot 26 Junie 2020 uitgestel.”

Die beamptes word daarvan beskuldig dat hulle ʼn taxi in Umbiloweg voorgekeer het. “Hulle het die voertuig deursoek en toe vir die bestuurder gesê daar is met die VIN-nommer gepeuter en dit stem nie ooreen met die enjinnommer nie. As hy nie R6 000 aan hulle sou oorbetaal nie, sou hulle sy voertuig skut.”

Die taxibestuurder het die saak by die Valke aangemeld en ʼn klandestiene operasie is uitgevoer. “Een van die beamptes het die taxibestuurder ontmoet en die geld ontvang. Hy is dadelik in hegtenis geneem toe hy die geld in ontvangs geneem het. Die ander twee beamptes het van die toneel gevlug, maar het later hulself oorgegee,” het Mhlongo bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willem

Nog minder vir lockdown

Sean

As die valke die mickey mouse misdade ondersoek wie ondersoek regte misdaad?