Polisiebeamptes vas oor omkoopgeld

Foto: RTMC

Twee beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering omkoopgeld van ʼn dwelmhandelverdagte aanvaar het.

Lede van die verkeersteenkorrupsie-eenheid het op die beamptes toegeslaan terwyl die transaksie plaasgevind het, het Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), Saterdag gesê.

“ʼn Bedrag van R3 000 is in die beamptes van Florida-polisiestasie in Roodepoort, Johannesburg, se besit gevind. Die twee het glo vroeër die man vir dwelmbesit in hegtenis geneem en ʼn ooreenkoms met hom aangegaan om die geld vir hulle te bring en sodoende vervolging vry te spring,” het hy gesê.

Lede van die teenkorrupsie-eenheid is deur die Gautengse verkeerspolisie en ʼn lid van die polisie bygestaan om die beamptes in hegtenis te neem toe hulle sien hoe die beamptes die geld in ʼn parkeerterrein by die polisiestasie aanvaar.

“Springstofgel is ook in die beamptes se amptelike voertuig gevind toe dit deursoek is,” het Zwane bygevoeg.

Die beamptes sal na verwagting Maandag in die Roodepoort-landdroshof verskyn op moontlike aanklagte van korrupsie en die onwettige besit van springstof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Se maar net ·

Baie van Florida area se inwoners vermoed al jare iets is nie pluis in daai polisiekantoor nie. Nou nog nie……….

Johanna Botha ·

Vrot, onbevoeg , oneerlik en pateties sleg… en dis nou die mense wat ons moet oppas ….geen wonder die misdade soos moord en verkragting neem net toe !

Jannie ·

Verhoog salarisse van polisielede dan sal sulke dinge nie gebeur nie punt.

sannie ·

dit maak soveel sin Jannie. wow! hulle verduen mos huidiglik 29c per maand. as hebsug jou dryfveer in die lewe is, gaan joy sakarisskaal been verskil maak ni. PUNT! kyk maar na one president.

Bossie ·

Baie, baie dankie aan die polisiebeamptes wat onder ‘n uiters moeilike regering en uiters moeilike omstandighede, met ‘n lagwekkende salaris, staande bly en nog steeds omgee vir ons mense in hierdie land. Ons waardeer julle werklik so baie. Vir julle skelm polisiebeamptes, wat hierdie eerbares so in die skande steek, hoop jul vrot in die tronk!

Cindy ·

Baie dankie Bossie. Daar is min eerlike polisiebeamptes maar hulle is daar en hulle kry baie swaar onder die korrupte polisiebeamptes. Die korrupte polisiebeamptes word bevorder en die eerlike polisiebeamptes is al jare in hul rang. As julle te veel krap om die hoe koppe wat korrup is vas te trek word hulle verplaas. So sal dit nooit reg kom nie.

Hanna ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid… En siedaar: net nog n voorheen gerespekteerde beroep is in sy peetjie! En glo my, n beter salaris gaan nie n verskil maak nie. Hierdie onbevoegde, ongemanierde beamptes is korrup in murg en been.

Riaan ·

En kobus die dealer het nou n deal gemaak so hy is skot vry en verkoop seker sy party packs verder..want daar word niks can die dealer verder gese nie…wonder maar net hoe daai nou werk

Lynette ·

Ons land is so desperaat om polities-korrek te wees dat persone met KRIMINELE REKORDS aangestel word as polisiebeamptes. Ek weet dit vir n feit.

Jannie ·

Hallo Lynette. ek wil net se daar is ook mense met n clean rekord wat aangestel word as polisiebeampte en dan verval in kriminaliteit.
Gee die mense meer salaris want dis n gevaarlike job.

Johann ·

Previously disadvantaged…currently taking advantage! Almal pionne in die. ZUPTOPIA KONINGKRYK van vat en steel en breek en verwoes en misbruik: soos die ANC LEGACY voorskryf en voorbeel van wys elke dag! Onaantasbaar in hulle gedeel magsvergrype hand pop poppekas van ZUMAIKIES. ANARGIE…VIVA…ANAGIE VIVA!!!!!

Johann Marx ·

By ‘n groot taxi staanplek in Roodepoort sit die SAPD lede om die hoek met ‘n verkyker. Dagga kopers word dan gevolg en gearresteer, omkoopgeld aanvaar, en die dagga terug gevat na die handelaars toe om WEER te verkoop sodat die hele proses hom kan herhaal. So maak die SAPD lede hulle sakke vol, EN hulle “arrestasie rekord” hoog vir bevordering.

Hendrik ·

‘n Polisie beampte is eerstens daar om die publiek te dien om grondvlak. Dien deur sigbaar te wees om misdaad te voorkom, hulpvaardig te wees, ‘n vaste punt te wees in tye van nood of vrees, respekvol en waardig optree…maar nou ja, dis alles vir niks!

Jannie ·

Sannie ek weet hoe hulle woon, wat hulle ry en watse klere hulle dra en dit is n huishouding met twee verdieners m.a.w die man en vrou werk maar in die geval se ek n polisieman alleen kan dit nie bekostig nie en daarom se ek daar moet meer geld vir die mense wees.

Sê maar net ·

Dit was sy /haar keuse om ‘n polisieman of polisievrou te word. Hul het geweet wat die salaris voor die tyd was. Dieselfde met onderwys. Dis jou eie keuse.

Nico ·

So waar is die dealer nou daar word niks gese nie of het hy sy kontaks in die polisie en die beamptes moes dan in hulle kontaks gekrap het

Jacques Venter ·

Mense moet besef dat speedcops baie dors raak as hulle spoedvalle stel.

Elke keer as ek die spoed oortree, vra hierdie beamptes my vriendelik. “Please buy me a cold drink”

n Versoek wat ek niks aan kan doen nie want die meeste van die tyd is dit baie ver van enige winkel af

Toppie ·

Omkopery is aan die orde van die dag, baie verkeersbeamptes en polisiemanne maak maandeliks meer geld langs die pad as wat hulle salaris kry. Feit is dat die betaling van groter salarisse hulle nie gaan weerhou van die ekstra inkomste wat hulle belastingvry langs die pad verdien nie. Daar word baie privaat dinge vervoer in ‘n vangwa as net kriminele .

Sielie ·

Die keurings proses vir polisie beamptes is ‘n grap. Daar is ook geen trots meer vandag nie. Kyk hoe lyk sommiges van hulle se uniforms en houdings. DANKIE vir elke trotse, opregte polisieman wat nog met hart en siel BESKERM EN DIEN! Al kan hulle nie eers ‘n huispaaiement met hulle salaris bekostig nie en kry net R400 per maand gevaartoelae bly hulle nog getrou en trots. Ek haal my hoed af vir daai lede. En vir die publiek … is julle wat so vingers wys nog die polisie se oe en ore? Of raak julle eerder nie betrokke nie?

Toppie ·

Sielie daar is baie goeie polisiemanne en daar is ontsettend baie slegte en korrupte polisiemanne en vroue wat die naam van die polisie oneer aandoen en nie die uniform werd is nie. Ons moet ontslae raak van die vrot appels in die mandjie want dit is hulle wat betrokke is by bedrog, diefstal en verantwoordelik is dat vuurwapens verdwyn wat later in misdaad gebruik word. Die land salueer die goeie polisie en verkeersbeamptes ongeag ras en kleur.

latie ·

lekker dom polisie manne hul gedink gaan nooit vang en wys net hoe sleg is die polisie wat nie reels nakom nie

bgj van der westhuizen ·

wel mense almal se hulle moet meer betaal word kry hulle regtig so min nee hulle moet ook maar net leer om met hulle pay uit te kom soos eken jy daar is baie beroepe wat net so gevaarlik is het enige eimand al gedink wat kry security wagte en die wat geld vervoer julle sal op julle rug val onthou die sapd word betaal deur die staat en waar kry die staat sy geld ek en jy wat belasting betaal hulle wil meer pay he doen julle werk en sluit die skelm toe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.