Polisiebeamptes vas oor omkopery

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Twee polisiekonstabels is Maandag in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld geëis het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee konstabels, 29 en 30 jaar oud, was Maandag in Alexandra aan diens toe hulle glo gedreig het om ʼn man in hegtenis te neem. Die man was op pad om skrootmetaal te gaan verkoop.

Die beamptes het glo omkoopgeld van die man geëis waarna hy glo vir hulle R2 000 gegee het. Die man het onmiddellik die polisie in kennis gestel nadat die beamptes van die toneel af weggery het.

Polisiebeamptes wat op ʼn roetine-patrollie in die gebied was, het die konstabels in hegtenis geneem. “Hulle is gekonfronteer en die geld wat van die slagoffer gevat is, is in hulle besit gevind,” het Dlamini gesê.

Die verdagtes sal Dinsdag in die Alexandra-landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dave ·

Jy ook omdat jy nie eens weet hoe om dit in Afrikaans te sê.

zahn ·

Wa wa wag manne, lees gou weer. Ek ruik iets wat vreeslik stink. Van wanneer af is polisiemane so paraat dat hulle onmiddelik optree? En dit nogal teen hul eie, in Alex? Iets is nie pluis nie, die twe klink vir my geframe, soos hulle sê. As die berig gelees het dat die twee weggekom het, en dat hulle ondersoek instel, sou ek anders gevoel het. Dis nou al te wagte, maar dat daar so vinnig opgetree is? Aikona. ek sluk swaar aan daai ene!

Theresa ·

En so duur dit voort. Elke dag. Gesien op TV nou die aand van ‘n Toetsbeampte wat op TV vir ‘n vrou sê sy moet R2000 bring. Goeie genade. Wat dink die spul nou gaan gebeur met die nuwe snert wat hulle wil implimenteer rakende die aansoek om jou rybewys te hernu. Nou gaan dit eers lekker gaan. Pleks laat hulle die mense vasvat op die paaie. Vanoggend weer gesien hoe word daar oor rooi verkeersligte gery asof dit nie eers bestaan nie. In geelstrepe en sommer bo-oor sypaadjies.

Wally ·

Is daar dan geen NUWE gebeure in ons land waaroor berig kan word nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.